Dit is tyd on jou versekeringsdekking te hersien!
Met oestyd in volle swang, hoop ons jy het jou versekeringsdekking hersien. Ons versekerings-filiaal, OWRM, bied dekking vir jou koring, gars, hawer, korog, lupiene (soet en bitter) en kanola almal teen brand- en transitorisiko's deur hulle Brand op Oeste-versekering.
Dit beskerm jou oes teen gevare soos brande, weerlig en ontploffing terwyl op die land (insluitend brandbestrydingskoste), stormskade terwyl dit tydelik in 'n pakhuis geberg word (insluitend SASRIA), en transito (op 'n alle risiko basis) van land na pakhuis of silo (met 300 km radius).
Hierdie dekking is slegs beskikbaar vanaf 1 September tot 28 Februarie, waarna “graan in stoor” op ‘n brandpolis verseker moet word.