Gansbaai Entrepreneurs Ondersteun en Inkubator Gestig

Gansbaai Entrepreneurs Ondersteun en Inkubator Gestig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Spesiale oomblikke tydens die inkubasieproses, Entrepreneurs & Inkubator

Dr Johan Louw het Gansbaai besoek en 26 entrepreneurs opgelei deur hulle op 'n 5-dag kursus te neem in die week van 12 Augustus 2013. As gevolg van Gansbaai Sakekamer se affiliasie by die AHI is die kostes van R3,000 per persoon deur die AHI gedra. Elkeen van hulle het ook 'n baie mooi & omvattende handboek gekry met baie inligting oor die bestuur van 'n besigheid. Gansbaai Sakekamer het al die logistieke reëlings hanteer. Die groep is ingedeel in 5 groepe met 'n groepleier elk en daar is ook 'n oorhoofse leier aangestel in Shereen van der Merwe. Via hierdie leiers word gereëlde kontak met mekaar gehou en ook vergaderings georganiseer.
Nou het Dr Louw weer vir Gansbaai besoek om hierdie groep entrepreneurs te ondersteun. 

Op Woensdag 2 Oktober was hy in Gansbaai met die verdere finansiële ondersteuning vanaf die AHI. Die doel was om uit te vind hoe hulle vorder en hulle by te staan waar hulle hulp & raad nodig het. Almal wat betrokke wou wees het die geleentheid gehad om 'n gesamentlike vergadering by te woon tussen 08h00 - 09h00 die oggend. Daarna is individuele gesprekke geskeduleer met die entrepreneurs vir die res van die dag totdat hy weer moes vertrek die namiddag. Tydens die gesprekke kon elkeen na eie behoefte sy / haar projekte of besigheid bespreek en leiding of inligting vra. Die Sakekamer was ook die dag betrokke deurdat die voorsitter die sessies bygewoon het.

Daar is lekker opbouende gesprekke gevoer waar Dr Louw baie ondersteuning, inligting & kontakte kon deurgee. Die Sakekamer kon verder ook baie inligting gee tov plaaslike aangeleenthede, kontakpersone, ander aksies wat hulle kan benut en verdere persone wat hulle kan nader om hulle te help.  Verdere planne & geleenthede is ook bespreek en idees is in hulle midde gelê.

Party hiervan was dit waaraan hulle reeds gedink het maar daar het ook nog idees spontaan ontstaan vanuit die gesprekke asook die plaaslike besigheidsgeleenthede waarvan die Sakekamer bewus was daar reeds  'n behoefte voor bestaan. Daar is 'n Inkubator gestig met hierdie aksies waar die AHI die entrepreneurs deurlopend wil ondersteun.   Die reëling is getref dat Shereen gereelde kontak met Dr Louw sal behou en hom met inligting sal voer via e-pos.  Die Sakekamer sal ook ingelig word sodat plaaslike onder-steuning kan plaasvind en hulp verleen word waar nodig. Dr Louw het die entrepreneurs aangemoedig om aan te sluit by die Gansbaai Sakekamer want sodoende bly hulle op hoogte van gebeure, kursusse, sprekers en belangrike aangeleenthede. Hulle kom dan ook op die Sakekamer se adreslys & e-pos lys vir alle AHI inligting, ekonomiese nuusbriewe, vergaderings en vele ander inligting wat uitgestuur word aan lede. Dr Louw het ook weer bevestig dat die AHI ons entrepreneurs wil ondersteun en die platform is nou ook gevestig via die Inkubator om dit te verwesen-lik.  Die AHI is verteenwoordig op verskillende forums waar met die regering op provinsiale vlak en nasionale vlak gesprekke gevoer word - sodoende word ons lede se opinies deurgedra na hierdie regeringsvlakke.

Elke besigheid word gedryf deur sy eie entrepreneur wat self baie tyd, idees, energie en deursettingsvermoë aan die dag moet lê om 'n sukses te maak. Die Gansbaai Sakekamer wil egter die platform skep om besigheidsmense te ondersteun en hierdie is maar een van die wyses waarop dit plaasvind. Ons affiliasie met die AHI het nou alreeds baie voordele vir die Gansbaai gemeenskap teweeg gebring. Ons vertrou dit sal in die toekons verder uitgebou sal word.

Voorsitter - Gansbaai Sakekamer

Gansbaai Entrepreneurs Ondersteun en Inkubator Gestig

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles