Gansbaai Entrepreneurs Ondersteun en Inkubator Gestig

Gansbaai Entrepreneurs Ondersteun en Inkubator Gestig

Gansbaai Courant

Spesiale oomblikke tydens die inkubasieproses, Entrepreneurs & Inkubator

Dr Johan Louw het Gansbaai besoek en 26 entrepreneurs opgelei deur hulle op 'n 5-dag kursus te neem in die week van 12 Augustus 2013. As gevolg van Gansbaai Sakekamer se affiliasie by die AHI is die kostes van R3,000 per persoon deur die AHI gedra. Elkeen van hulle het ook 'n baie mooi & omvattende handboek gekry met baie inligting oor die bestuur van 'n besigheid. Gansbaai Sakekamer het al die logistieke reëlings hanteer. Die groep is ingedeel in 5 groepe met 'n groepleier elk en daar is ook 'n oorhoofse leier aangestel in Shereen van der Merwe. Via hierdie leiers word gereëlde kontak met mekaar gehou en ook vergaderings georganiseer.
Nou het Dr Louw weer vir Gansbaai besoek om hierdie groep entrepreneurs te ondersteun. 

Op Woensdag 2 Oktober was hy in Gansbaai met die verdere finansiële ondersteuning vanaf die AHI. Die doel was om uit te vind hoe hulle vorder en hulle by te staan waar hulle hulp & raad nodig het. Almal wat betrokke wou wees het die geleentheid gehad om 'n gesamentlike vergadering by te woon tussen 08h00 - 09h00 die oggend. Daarna is individuele gesprekke geskeduleer met die entrepreneurs vir die res van die dag totdat hy weer moes vertrek die namiddag. Tydens die gesprekke kon elkeen na eie behoefte sy / haar projekte of besigheid bespreek en leiding of inligting vra. Die Sakekamer was ook die dag betrokke deurdat die voorsitter die sessies bygewoon het.

Daar is lekker opbouende gesprekke gevoer waar Dr Louw baie ondersteuning, inligting & kontakte kon deurgee. Die Sakekamer kon verder ook baie inligting gee tov plaaslike aangeleenthede, kontakpersone, ander aksies wat hulle kan benut en verdere persone wat hulle kan nader om hulle te help.  Verdere planne & geleenthede is ook bespreek en idees is in hulle midde gelê.

Party hiervan was dit waaraan hulle reeds gedink het maar daar het ook nog idees spontaan ontstaan vanuit die gesprekke asook die plaaslike besigheidsgeleenthede waarvan die Sakekamer bewus was daar reeds  'n behoefte voor bestaan. Daar is 'n Inkubator gestig met hierdie aksies waar die AHI die entrepreneurs deurlopend wil ondersteun.   Die reëling is getref dat Shereen gereelde kontak met Dr Louw sal behou en hom met inligting sal voer via e-pos.  Die Sakekamer sal ook ingelig word sodat plaaslike onder-steuning kan plaasvind en hulp verleen word waar nodig. Dr Louw het die entrepreneurs aangemoedig om aan te sluit by die Gansbaai Sakekamer want sodoende bly hulle op hoogte van gebeure, kursusse, sprekers en belangrike aangeleenthede. Hulle kom dan ook op die Sakekamer se adreslys & e-pos lys vir alle AHI inligting, ekonomiese nuusbriewe, vergaderings en vele ander inligting wat uitgestuur word aan lede. Dr Louw het ook weer bevestig dat die AHI ons entrepreneurs wil ondersteun en die platform is nou ook gevestig via die Inkubator om dit te verwesen-lik.  Die AHI is verteenwoordig op verskillende forums waar met die regering op provinsiale vlak en nasionale vlak gesprekke gevoer word - sodoende word ons lede se opinies deurgedra na hierdie regeringsvlakke.

Elke besigheid word gedryf deur sy eie entrepreneur wat self baie tyd, idees, energie en deursettingsvermoë aan die dag moet lê om 'n sukses te maak. Die Gansbaai Sakekamer wil egter die platform skep om besigheidsmense te ondersteun en hierdie is maar een van die wyses waarop dit plaasvind. Ons affiliasie met die AHI het nou alreeds baie voordele vir die Gansbaai gemeenskap teweeg gebring. Ons vertrou dit sal in die toekons verder uitgebou sal word.

Voorsitter - Gansbaai Sakekamer

Gansbaai Entrepreneurs Ondersteun en Inkubator Gestig

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles