Helmie se Blindeproe

Helmie se Blindeproe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Oorhandiging van blyke van waardering, met agter vlnr Ans Scholtz en Helmie de Vries en voor vlnr Tamlyne Aploon, Chamonique Sauls en Annica van Coller

Helmie de Vries, voorsitter: Gansbaai Wynproegilde, het dit weer eens met ‘n “Blinde Wynproe-aand” reggekry om lede en gaste in verbasing te dompel met heerlike wyne teen bekostigbare pryse en wat sommer hier op almal se drumpel beskikbaar is.

Die wynproe-geleentheid is deur Helmie self in die Great White House, Kleinbaai aangebied. 14 wyne, waarvan die bottels met bruinpapier toegedraai is, is geproe en goeie puntetoekennings is daarvoor gemaak - soortgelyk aan duur wyne van wynkelders wat al hier geproe en beoordeel is. Die proe-wyne het bestaan uit 3 sjerries (R28.50 tot R73.00), 4 witwyne (R22.50 tot R30), 4 rooiwyne (R22.50 tot R35.50) en 3 soetwyne (Hanepoot R46.00, Muskadel R49.00 en Port R47.00) - heel bekostigbare pryse en almal lokaal beskikbaar.

Een van die wyne wat “blind” geproe is, is die Koelenhoffer, ‘n Saugvignon Blanc teen R30 per bottel van Koelenhof Wynkelder, waar Helmie die bestuurder/wynmaker was en nou deur twee van sy bekwame seuns bedryf word, is in die “Best Value Wine Guide - 2014” as “The best South African Saugvignon Blanc under R80” aangewys. “Vir die interessantheid daarvan, kan ek net noem dat die Monis Sherry nie ‘n oesjaar, soos die geval met wyne, het nie, aangesien die Solera sisteem waarvolgens dit gemaak word, oor etlike jare heen strek,” het Helmie gesê.

Hy het ook genoem dat ‘n opname getoon het dat dames die grootste aankopers van wyn is. Rensa Stemmet van die Great White House se spyskaart was net die regte medisyne saam met die vele geproeëry: Voorgereg - Fish Chowder Soup & Vars Brood; Hoofgereg - Meatball met sous op mash potato en groente; Nagereg - Vlakoek & Roomys.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Helmie by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Helmie se Blindeproe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles