Andre en Bejaardes baat by Kleinbaai Classic

Andre en Bejaardes baat by Kleinbaai Classic

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groot groep Kleinbaai Classic lede van die Kaap voor Herberg-aan-See, met Andre Botma in die middel op sy rolstoel

 “Die jaarlikse Kleinbaai Classic Hengelkompetisie en fondsinsameling vir 2013 was weer eens ‘n reuse sukses wat groot hoogtes bereik het,” sê Carel Stander, Komiteelid van die Kleinbaai Classic se Omgeegroep. Dit is nou reeds die 5de jaar wat hierdie projek deur hulle aangepak word. Die jaarlikse doel daarmee was nog altyd om fondse vir Andre Botma (21) se groeiende mediese uitgawes in te samel. Andre is op 5-jarige ouderdom met spierdistrofie gedagnioseer en die familie en vriende het 5 jaar gelede besluit om ‘n hengelkompetsie te organiseer om sodoende fondse vir Andre se mediese behoeftes in te samel. “Die kompetisie het van krag tot krag gegroei en spog vanjaar met 110 hengelaars wat deelgeneem het,” sê Carel. Die gure weersomstandighede het die boothengelaars ook na hulle stokke laat gryp en “ou hengelgate” is opgesoek.

Eugene van Niekerk het vanjaar met die Kleinbaai Classic louere weggestap met sy Mosselkraker van ± 7kg

Etlike galjoene is ingeweeg, maar Eugene van Niekerk het vanjaar met die Kleinbaai Classic louere weggestap met sy Mosselkraker van net oor die 7kg. Vrydagaand is daar gesellig in die Gholfklubsaal met lekker heupswaai-musiek deur Warren Elliot verkeer en Saterdagaand is die wenners aangekondig. ‘n Veiling is met gesogte wyne, 100 liter vaatjies rooiwyn van Signal Gun (Durbanille), ‘n Magnum rooiwyn met die 2005 Springbokspan se handtekeninge daarop en veel meer is gehou.

Pryse aan die kategorie-wenners het ‘n kragopwekker, visstokke en katrolle, heel skape en geskenkbewyse vir ‘n naweek by Khomeesdrift kampeerterrein ingesluit. Sondag is die naweek met ‘n besoek deur die komitee aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes afgesluit. “Ons het verlede jaar besluit om die doelwit van die Kleinbaai Classic ook na ander instansies uit te brei,” sê Carel. Onder andere is ‘n hospitaalbed verlede jaar aan KANSA Ladismith geskenk, terwyl die plaaslike Tehuis vir Bejaardes met heerlike koeke verras is. Vanjaar is Herberg-aan-See weer eens besoek en koeke, asook 54 geskenkpakkies is aan die inwoners uitgedeel en liefdevolle aandag is aan die inwoners gegee.

Daarna het ‘n deel van die groep ook by Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum gaan koek uitdeel en gesellig met die bejaardes verkeer. “Kleinbaai Classic lê ná aan die hart van baie mense en ons wil graag almal wat deel daarvan was hartlik bedank vir hul tyd en bydraes,” sê Carel. Hy rig ‘n spesiale woord van dank aan hulle hoofborge AM Welding (Kaap), Riversdal Toyota, FCS Civils, Mayfair Gearbox Nationwide, Brighton Exhaust & Tyres en Bidvest Laundy Group. “Graag bedank ons ook die eienaars van Gansbaai Superspar en Bev Swart vir hulle bydraes.” Carel sê hulle sal graag voortaan meer van die plaaslike instansies en hengelaars van Gansbaai by hierdie inisiatief wil betrek en “hopelik kan ons volgende jaar nog baie Gansbaaiers se name by hierdie lys byvoeg!”

Hardus Botha

Andre en Bejaardes baat by Kleinbaai Classic

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles