Natsnoete se Dag

Natsnoete se Dag

Gansbaai Courant

Die begin van BARC se Natsnoetdag optog met Annalie Jonker heel regs en heelparty meer deelnemers wat aangesluit het

Elche van Wyk met haar hasie en Maya Joubert met haar hoender

BARC se 6de Natsnoetdag en Troeteldierskou sedert 2009 en waarby Annalie Jonker betrokke is, is onlangs weer suksesvol as deel van die Jaarlikse Fees van die Ganse aangebied, al is laasgenoemde na 7 Desember vanjaar uitgestel. Die gesellige dag is op Laerskool Gansbaai se sportgronde aangebied en het met ‘n straatoptog in Dirkie Uys- en Hoofstrate tot by die bekende BARC-winkel in Fabriekstraat, wat as waterpunt vir die diere gedien het, en terug afgeskop.


Een van die vele prysoorhandigings, met vlnr Berna Jacobs, Shirley Fick met Shampie (Beste Versorgde Hond) en Anita Botha

Selfs moeders met stootwaentjies het aan die gesellige “Big Walk” deelgeneem. ‘n Gelukkige inskrywingsnommer is getrek waarmee ‘n ete vir twee by Grootbos Natuurreservaat gewen is. “Die opkoms was baie goed en volgende jaar se groot dag word reeds beplan, maar ons sal graag meer betrokkenes by so ‘n spesiale dag vir ons diere in Gansbaai wou sien,” het Annalie gesê. Lootjieslyste was reeds 2 maande voor die tyd in omloop en kontantpryse ten bedrae van R500, R250 en R150 is gewen. Die Honde Modeparade, asook die gewilde Troeteldierskou, wat uit 7 kategorieë bestaan het, is onder groot toejuiging gade geslaan, en pryse vir elke dier, selfs ‘n hasie, hoender en skaap, is oorhandig.

“Daar was 38 inskrywings wat die meeste is wat ons nóg gehad het en die beoordelaars moes behoorlik kopkrap,” sê Annalie. Die 3 modelle was Jana, Trisha en Nemo. Ander wenners was: Mooiste hond - Christa se Fifi; Gehoorsaamste Hond - Nina se Ida; Grootste Hond - JP Coetzer se Stella; Kleinste Hond - Matt se Jana; Eienaar en hond kleredrag - Karen se Seun; Beste Versorgde Hond - Shirley se Shampie; Elche se hasie; Maya se hoender; Goldene se katjie, Polo. ‘n Koek in die vorm van 'n Hondegesig, wat deur Chicken Land geskenk is, is ook uitgeloot.


“Neewat, dis veiliger in die voertuig met ‘n veiligheidsgordel as om in die straat te stap,”  - Pluto van Leon Odendaal

Heelparty verversings is te koop aangebied en ‘n gesellige atmosfeer het onder die gaste met hul diere geheers. Annalie doen graag die volgende bedankings (alfabeties): Alle borge van die vele pryse (Angela Caie, Cape Whale Coast, Grootbos Natuurreservaat, Indulge, Julia van Lighthouse Tavern, Karin Hondesalon, Marie's Boutique, Merle en Roza Rabe); Berna en Natasha (bystand en skapie en hasies); Chicken Land se Marina en Thalih (ongelooflike bystand); Elsabe en die dames van Linda Kloppers se gym (bak van pannekoek); Gansbaai Petshop (uitstalling); Gansbaai Superspar (pannekoekdeeg); Glenda Kitley (seremoniemeester en hulp met reëlings); Laerskool Gansbaai (gratis fasiliteite); Overstrand Medical Response (optog gelei); Vrywilligers (harde werk en ondersteuning).

Rouxlé Coetzer met Ozzy en haar seun, JP Coetzer met Stella

Die beoordelaars wat ‘n moeilike taak gehad het, was Berna Jacobs, Gina Booysen en Rosemary van Wyk, met Anita Botha wat die oorhandiging van pryse waargeneem het.
Alle fondse van die dag gaan vir ‘n gratis sterilisasie-veld-tog gedurende November/ Desember aangewend word.
Hardus Botha
 

Natsnoete se Dag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles