Sjeik wil Hawe koop

Sjeik wil Hawe koop

Gansbaai Courant

Sjeik Mishaal se familie besig met handeldryf op die markplein van die klein dorpie Riyahd gedurende 1356

Sjeik Mishaal, Kroonprins, tydens sy onlangse besoek aan Gansbaai

Sjeik Mishaal Al Rajih Bin Mohammed Bin Rashid Al Maktoum, Kroonprins van een van die Gulf States, het onlangs ‘n onverwagse besoek aan Gansbaai gebring. Sy voorvaders het aan-vanklik in Riyahd, Saudi Arabia gewoon toe dit nog ‘n klein dorpie was.

Hulle was hoofsaaklik han-delaars wat meel en ander produkte vanuit Egipte ingevoer het.

Op die ietwat onduidelike foto kan gesien word waar hulle besig is om hul produkte in die Riyadd Souq (mark) in die jaar 1356 te verkoop. Dit is juis daar waar hulle baie welvarend geword het nog voordat olie ontdek is.

As gevolg van welvarende jare en groot rykdomme, het die familie later ‘n eiland in die Persiese Golf gekoop waar hulle vandag nog woon, “aangesien Riyahd net té besig geword het vir hierdie nomadiese mense.” Tans is die familie besig om verskeie opsies vir die investering van geld te ondersoek, waarvan Gansbaai as ‘n stil dorpie een van die opsies is. In verbasend-goeie Afrikaans het Sjeik Mishaal, die familie se afgevaardigde, onder andere gesê: “Ons dink veral aan die koop van Gansbaai hawe waar ons graag ‘n diepsee seiljaghawe sal wil vestig. Sodoende kan heelwat van ons vriende vakansiehuise hier kom bou - natuurlik baie eksklusief met hoë mure en lyfwagte vir die beskerming van hulle privaatheid.”

Lesers wat ‘n probleem met die egtheid van hierdie berig het, kan gerus ontspan. Gansbaai Courant is besig met ‘n intensiewe ondersoek na die egtheid van Sjeik Mishaal, sy familie en sy besoek aan Gansbaai.

Hardus Botha

Sjeik wil Hawe koop

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles