Sjeik wil Hawe koop

Sjeik wil Hawe koop

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sjeik Mishaal se familie besig met handeldryf op die markplein van die klein dorpie Riyahd gedurende 1356

Sjeik Mishaal, Kroonprins, tydens sy onlangse besoek aan Gansbaai

Sjeik Mishaal Al Rajih Bin Mohammed Bin Rashid Al Maktoum, Kroonprins van een van die Gulf States, het onlangs ‘n onverwagse besoek aan Gansbaai gebring. Sy voorvaders het aan-vanklik in Riyahd, Saudi Arabia gewoon toe dit nog ‘n klein dorpie was.

Hulle was hoofsaaklik han-delaars wat meel en ander produkte vanuit Egipte ingevoer het.

Op die ietwat onduidelike foto kan gesien word waar hulle besig is om hul produkte in die Riyadd Souq (mark) in die jaar 1356 te verkoop. Dit is juis daar waar hulle baie welvarend geword het nog voordat olie ontdek is.

As gevolg van welvarende jare en groot rykdomme, het die familie later ‘n eiland in die Persiese Golf gekoop waar hulle vandag nog woon, “aangesien Riyahd net té besig geword het vir hierdie nomadiese mense.” Tans is die familie besig om verskeie opsies vir die investering van geld te ondersoek, waarvan Gansbaai as ‘n stil dorpie een van die opsies is. In verbasend-goeie Afrikaans het Sjeik Mishaal, die familie se afgevaardigde, onder andere gesê: “Ons dink veral aan die koop van Gansbaai hawe waar ons graag ‘n diepsee seiljaghawe sal wil vestig. Sodoende kan heelwat van ons vriende vakansiehuise hier kom bou - natuurlik baie eksklusief met hoë mure en lyfwagte vir die beskerming van hulle privaatheid.”

Lesers wat ‘n probleem met die egtheid van hierdie berig het, kan gerus ontspan. Gansbaai Courant is besig met ‘n intensiewe ondersoek na die egtheid van Sjeik Mishaal, sy familie en sy besoek aan Gansbaai.

Hardus Botha

Sjeik wil Hawe koop

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles