Vlnr is Mike Schröder saam met Eva en Dirk Buchner besig om Herberg-aan-See se inwoners met opgewekte sang vir Internasionale Bejaarde Dag te vermaak
Die bejaardes van Herberg-aan-See (HaS) wat nie die “Miss Senior Gansbaai” geleentheid te Silwerjare Dienssentrum kon bywoon nie, is nie afgeskeep nie. Daarvoor het Dirk en Eva Buchner van Huis Breda Versorgingshuis in De Kelders en Mike Schröder gesorg. Hierdie drie knap musikante en sangers, met Mike se eggenote, Elize agter die klankbord, het hulself oortref met sangvermaak in die volgepakte eet-/ontspanningsaal van HaS. Die bejaardes het tydens heelparty liedere spontaan saamgesing, terwyl die mikrofoon selfs tussen hulle rondgestuur is vir opwindende samesang. Sodoende kon HaS se bejaardes op ‘n gesellige wyse aan Internasionale Bejaarde Dag deelneem.
Hardus Botha