Nie te sleg nie

Nie te sleg nie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Eers gou die jongste hengelnuus, daar word wel geelbek gevang, máár jy moet weet waar! Vanaf ‘n baie betroubare bron verneem ek dat hulle gereeld van hierdie visse vang en verlede naweek het hulle goed gevaar. Al wat ek kan verklap is dat dit in die omgewing van die Punt is en op ongeveer 45 meter water. Dit laat natuurlik ‘n wye gebied oop, maar is dit nie beter as niks nie? Galjoen word ook gevang maar word nie juis in oorvloed gevind nie. Somtyds lyk die water reg maar dan lê die probleem weer by die watertemperatuur. Die weer verander ook gedurig en moet beslis in gedagte gehou word. Die manne wat ken van steenbras kan met reg spog dat hulle gereeld panne en roosters moet skoonmaak, so daar is nie klagtes nie. Onthou tog dat die hengelseisoen op die 14e van hierdie maand toemaak, so gaan jy die 15e soek jy moeilikheid!

Verlede week is daar gewys op die gevare van jou anker en veral die intrek daarvan. Hierdie week wil ek graag attent maak op ‘n ander probleem wat kan opduik wanneer jy met jou boot op see is. Dit gebeur somtyds dat wanneer jy die aansitter van die motor gebruik daar geen reaksie is nie. Een waarskynlike oorsaak is dat die krag vanaf die battery na die aansitter afgesny is. Jy is op see en een motor wat nie werk nie kan ‘n groot probleem word. Dis dalk net ‘n sleg konneksie by een van jou batterykoppelings of jou smeltdraadjie (“fuse”) wat die gees gegee het is moontlik die sondebok. Na die koppelings skoongemaak is en dit nie gehelp het nie, konnekteer ‘n kragdraad vanaf die positiewe pool by die battery direk aan die kragpunt by die aansitter. So behoort jy suksesvol te wees, indien die fout is soos hierbo beskryf.   

Lekker vang, Seemeeu

Nie te sleg nie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles