Hengel in Stilbaai

Hengel in Stilbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


Die algehele wenner, Willie Welman (middel) ontvang die Wisseltrofee van Eldo Marais (links) met Frans Claassen by hulle

Die Kushengelkompetisie gedurende September tussen die Overberg Kushengelklub van Gansbaai en Stilfontein Kushengelklub, gepaardgaande met ‘n gesellige gesinsnaweek vir die Gansbaaiers, het baie suksesvol afgeloop. Maynard van Niekerk (Snr) van Gansbaai sê heelparty galjoene, kolsterte en steenbras is gevang, maar die algehele wenner van die kompetisie was Willie Welman van Stilbaai.

Aangesien hierdie naweek in Stilbaai ‘n jaarlikse instelling gaan word, het Eldo Marais van Gansbaai ‘n Wisseltrofee geskenk wat hy aan Willie oorhandig het. Stilbaai spog ook met twee Springbokhengelaars, Xander de Beer en Elzaan Cronje. Die Gansbaaiers het die kompetisie ook as hulle interne kompetisie beskou en hulle drie wenners (in punte) was Maynard van Niekerk Jnr (3,3206), Rian Conradie (1,4182) en Louis Otto (1,3811).

“’n Smaaklike potjiekos is die Vrydagaand geniet en almal het gesellig saamgekuier voor die groot kompetisie die Saterdag,” vertel Maynard. Na afloop van die kompetisie is daar die Saterdagaand heerlik saamgebraai en die Sondagoggend is ‘n gesellige laat-ontbyt geniet, met die hengel-wedywerings agter die rug. Overberg Kushengelkub se volgende Klubkompetisie is vir eerskomende Saterdag, 12 Oktober geskeduleer.

Dit is ‘n oop-area kompetisie, met lyne-in om 04:00 en die skale wat om 19:00 by die klubhuis sal sluit. Vir navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha


Links ontvang Overberg Kushengelklub se wenner, Maynard van Niekerk (Jnr), sy prys van Xander de Beer

Hengel in Stilbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles