Miss Senior Gansbaai

Miss Senior Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor vlnr is Cornelia Cloete (2de Prinses), Emmie October (Miss Snr Gansbaai) en Smittie van Rensburg (1ste Prinses). Agter vlnr is Carli Bezuidenhout, Marie Fourie (Miss Best Dressed), Cindy Appel, Natalie Theunissen, Suraya Jacobs en Bettie Booysen (Miss Personality).

‘n Suksesvolle en gesellige modeparade vir Internasionale Bejaarde Dag is vir bejaardes van Oak Grove Nasorgsentrum, Silwerjare Dienssentrum en Herberg-aan-See gereël. Maatskaplike Werkers van die Dept Maatskaplike Ontwikkeling se Caledonkantoor, het die byeenkoms gereël, met Natalie Theunissen as organiseerder en seremoniemeester en Carli Bezuidenhout, Cindy Appel en Suraya Jacobs as die beoordelaars. Die geselligheid is te Silwerjare Dienssentrum aangebied en die 14 deelnemers was duidelik baie trots op hulself gewees.

Ná ‘n “spanningsvolle” wedywering en model-stappery (formele- en ontspanne drag) tussen die deelnemers, is die finaliste aangewys, wat weer ‘n laaste rondte voor die beoordelaars moes verbystap.

Die finale aankondiging is onder groot toejuiging aangehoor: Miss Senior Gansbaai - Emmie October; 1ste Prinses - Smittie van Rensburg; 2de Prinses - Cornelia Cloete; Miss Personality - Bettie Booysen; Miss Best Dressed - Marie Fourie.

Die geselligheid het met smaaklike verversings gepaard gegaan, terwyl Sylvia Salo van Oak Grove Nasorgsentrum vir sangitems gesorg het, met opgewekte samesang deur die gaste en deelnemers.

“Ons bedank graag Caledon se Maatskaplike werkers vir hierdie mooi inisiatief, asook vir Gansbaai Superspar en Lekkerbek vir die verversings,” sê Jacoba Europa, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum.      

Hardus Botha

Miss Senior Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles