Deur die GEES Groei ons tot Gehoorsaamheid

Deur die GEES Groei ons tot Gehoorsaamheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van  ons uitstraal, neem steeds toe.   Dit doen die HERE wat die Gees is.”    2Kor 3:18

Dink gou aan  hierdie prentjie:

Jy is baie dors en dit is ‘n warm dag. Jy weet jy het water nodig om jou dors te les. Iemand gee jou ‘n koue bottel water – maar  jy moet self die prop afdraai. Maar omdat jy dit nie wil doen nie – bly jy dors! Voordat jy nie die prop afdraai nie, gaan jy dors bly, dis verseker!

Om met die HEILIGE GEES vervul te word, werk presies só! As sondaars is ons baie dors – ons smag na rus en vrede. GOD skenk aan ons die lewende water – JESUS CHRISTUS! Die bottel waarin die water kom – dit is die WOORD van GOD. As ons die WOORD lees – vul die GEES ons met hierdie lewende water!

Die Bybel vergelyk jou geestelike groei ook met ‘n saadjie en ‘n kind wat groot word. Die saadjie en die kind moet water kry, versorg word en oefening kry.  Jy moet oefen in jou geestelike lewe om te kan groei. Jy het kos nodig en jy moet jou liggaam versorg – net so moet jy daagliks GOD se WOORD lees en dit eet!

Spr 3:18 – Soek wysheid uit die Woord – dit is die bron van lewe!

2 Kor 3:18 – Die Gees verander ons om al hoe meer aan die beeld van Jesus gelykte word.

GEHOORSAAMHEID aan GOD se opdragte bring GROEI in ons lewe! Gehoorsaam en die GEES stel Sy krag in jou vry sodat jy kan groei! Jy moet in JESUS bly sodat Hy in jou kan bly!  “Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrug dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.” (Joh 15:4) Soos ‘n vis in die water moet bly , moet jy om voluit te kan groei en met die GEES vervuld te lewe - in JESUS bly!

Jy is reeds gered deur GENADE! Oefening in geloof het niks met jou saligheid te doen nie! Maar jy moet saamwerk om te groei in die geloof.   Hierdie werking van die GEES in jou lewe is nie ‘n oornag-wonderwerk nie! Dit gebeur onopsigtelik in jou lewe – en jy is nie eers altyd daarvan bewus nie – soos ‘n fluistering in die windstilte (1 Kon 19:12)

Draai af die prop en drink van die lewende water!

Deur die GEES Groei ons tot Gehoorsaamheid

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles