Deur die GEES Groei ons tot Gehoorsaamheid

Deur die GEES Groei ons tot Gehoorsaamheid

Gansbaai Courant

 “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van  ons uitstraal, neem steeds toe.   Dit doen die HERE wat die Gees is.”    2Kor 3:18

Dink gou aan  hierdie prentjie:

Jy is baie dors en dit is ‘n warm dag. Jy weet jy het water nodig om jou dors te les. Iemand gee jou ‘n koue bottel water – maar  jy moet self die prop afdraai. Maar omdat jy dit nie wil doen nie – bly jy dors! Voordat jy nie die prop afdraai nie, gaan jy dors bly, dis verseker!

Om met die HEILIGE GEES vervul te word, werk presies só! As sondaars is ons baie dors – ons smag na rus en vrede. GOD skenk aan ons die lewende water – JESUS CHRISTUS! Die bottel waarin die water kom – dit is die WOORD van GOD. As ons die WOORD lees – vul die GEES ons met hierdie lewende water!

Die Bybel vergelyk jou geestelike groei ook met ‘n saadjie en ‘n kind wat groot word. Die saadjie en die kind moet water kry, versorg word en oefening kry.  Jy moet oefen in jou geestelike lewe om te kan groei. Jy het kos nodig en jy moet jou liggaam versorg – net so moet jy daagliks GOD se WOORD lees en dit eet!

Spr 3:18 – Soek wysheid uit die Woord – dit is die bron van lewe!

2 Kor 3:18 – Die Gees verander ons om al hoe meer aan die beeld van Jesus gelykte word.

GEHOORSAAMHEID aan GOD se opdragte bring GROEI in ons lewe! Gehoorsaam en die GEES stel Sy krag in jou vry sodat jy kan groei! Jy moet in JESUS bly sodat Hy in jou kan bly!  “Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrug dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.” (Joh 15:4) Soos ‘n vis in die water moet bly , moet jy om voluit te kan groei en met die GEES vervuld te lewe - in JESUS bly!

Jy is reeds gered deur GENADE! Oefening in geloof het niks met jou saligheid te doen nie! Maar jy moet saamwerk om te groei in die geloof.   Hierdie werking van die GEES in jou lewe is nie ‘n oornag-wonderwerk nie! Dit gebeur onopsigtelik in jou lewe – en jy is nie eers altyd daarvan bewus nie – soos ‘n fluistering in die windstilte (1 Kon 19:12)

Draai af die prop en drink van die lewende water!

Deur die GEES Groei ons tot Gehoorsaamheid

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles