OK Foods Gansbaai gekroon as Wenner

OK Foods Gansbaai gekroon as Wenner

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Chris en Petra van Rensburg van OK Foods Gansbaai het hulle prys vir die Franchisee van die Jaartoekenning tydens die jaarlikse konferensie in Beijing, China ontvang.

Wanneer dit kom by die ontginning van talent en algehele uitmuntendheid skroom die OK Franchise Divisie (OKFD) glad nie om die standaarde so hoog moontlik te stel nie en sodoende die beste van sy Franchisees te verkry nie. OK se spoggerige Franchisee van die Jaartoekennings-seremonie het hierdie jaar plaasgevind by hul jaarlikse konferensie te Beijing, China in September, en het weer eens bewys hoekom die OK Groep, na aansienlike vordering en groei, tops is in die kleinhandel-industrie. Buiten verskeie toekennings vir lojaliteit en getroue lidmaatskap het die OK groep ook die tophandelaars in vier van hulle winkelformante vereer met die gesogte Franchisee van die Jaar titel. Hierdie jaar het Chris en Petra van Rensburg van OK Foods Gansbaai met die wentitel in die OK Foods divisie weggestap. “Skok, ongeloof en opgewondenheid is wat ons beleef het toe hulle ons name as wenners uitroep. Dit is ‘n fantastiese voorreg om hierdie spoggerige toekenning te kan ontvang.”

Die Van Rensburgs en hul span het verskriklik hard gewerk om OK se hoë standaarde te handhaaf en beloof om die OK vlag selfs nog hoër te laat wapper in die toekoms: “Ons sal aanhou strewe na sukses en beloof om te verbeter op dit wat ons reeds bereik het. Ons beoog om ingelig te bly oor nuwe tendense wat bemarking, tegnologie en produkte betref en sodoende altyd die beste inkopie-ervaring vir ons klante te bied.”

OK Foods Gansbaai en die ander meedingers moes almal sorg dat hulle voldoen aan ‘n streng en omvattende lys van kriteria waarvolgens hulle oor die loop van ’n jaar beoordeel is. Hierdie lys sluit ontwikkeling, algemene winkelstandaarde, klante diens, personeel-motivering, gemeenskaps-betrokkenheid, administra-tiewe uitmuntendheid en lojaliteit in. Hulle moes veral aandag gee aan die prentjie in sy geheel om seker te maak dat alle aspekte van kleinhandel vervolmaak is. OK Foods Gansbaai is dus waarlik ‘n goeie voorbeeld van hoe ‘n kleinhandelaar behoort te wees.

Chris van Rensburg deel ‘n wenk vir volgende jaar se aspirant wenners: “Moenie jou besigheid van die gholfbaan probeer bestuur nie – wees betrokke en pro-aktief.”
Besoek Chris en Petra van Rensburg en hul span vandag nog en beleef ‘n fantastiese inkopie-ervaring en sien presies wat hulle laat uitstyg het bo die res en dus gesorg het dat hul bekroon word met die gesogte Franchisee van die Jaar-toekenning.

OK Foods Gansbaai gekroon as Wenner

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles