Carine Badenhorst (links), rubriekskrywer van Suikerbrood en Suurvye in die Gansbaai Courant, is op 30 September vanjaar weer met ‘n Woes Toekenning vereer. Hierdie keer vir haar “Hoe lank hou die Lente?”
Gansbaai Courant se redakteur, Francois de Jongh het in ‘n vorige uitgawe (Gansbaai Courant, Donderdag, 11 Julie 2013) soos volg na Carine verwys: “Ons lesers is bevoorreg om weekliks haar hoë standaard rubriek te lees.” Carine het gesê Woes is ‘n skrywersgemeenskap waar jy kan vriende maak en saamgesels oor die rondgooi van woorde. “Ek verkies Woes omdat dit ‘n skoon platform is en ek is al sowat 6 jaar ‘n Woestyner.”
Carine sê die geskrewe woord lê haar na aan die hart en geen prentjiebeeld kan kers vashou by die prentjie wat mens in jou verbeelding vorm wanneer jy lees nie. “Hoe lank hou die Lente” se inleidende paragraaf lui soos volg: “Hier en daar breek ‘n stukkie blousel deur die lae, grou wolke op Lentedag. Deur my kamervenster kom skuur die son skaamweg wang met die opgestopte deken oor my bed. Met die beskeidenheid van ‘n jongnooi voor die blik van ‘n voorbarige vryer, draai dit kop weg agter die volgende wolk in.”
Sy sluit soos volg af: “My Lente kan vir altyd aanhou. Solank ek my blomme van geluk self plant. En die beste Tuinier van alle tye aanstel om ‘n ogie te hou!” Gansbaai Courant wens graag vir Carine geluk met haar tweede Woes Toekenning vanjaar.
Hardus Botha
Woes toekenning vir Carine
17 October 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK
For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom
Being comfortable with myself sets me free.
Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success
GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE!
Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property
Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.
R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders
Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.
October’s Latest Women’s Fashion Arrivals
New month, new pieces at Komtessa Boutique.











