In Memoriam Bessie van Boom

In Memoriam Bessie van Boom

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Elizabeth Agnes van Boom, beter bekend as Bessie, is op 26 September 2013 in die ouderdom van 80 jaar oorlede.

Bessie is op 3 Augustus 1933 in die Kaap gebore waar sy ook grootgeword het, maar het in 1970 na Gansbaai gekom. Haar dogter, Anita Reinke van Gansbaai Fabriekswinkel, vertel dat Gansbaaiers haar ma nie net vir haar “vis-en-tjipswinkel”, Die Anker Kafee waar Tiekie-Draai vandag staan, sal onthou nie, maar veral ook vir haar groot liefde vir hengel, “en ma Bessie het vele galjoene uitgetrek!”

Bessie was met Godfrey van Boom getroud en die egpaar het 4 seuns en 4 dogters, “met tientalle” kleinkinders. “Ons bedank graag almal vir die meegevoel-boodskappe, vele sms’e, blomme en ondersteuning wat ons ontvang het,” sê Anita.

Een van Bessie se ander dogters, Marlisha van Boom, het in die tydskrif Sarie van Julie 2012, onder andere die volgende geskryf het: “Wanneer ons vier broers en vier susters met Bessie se tientalle kleinkinders bymekaar is, word daar altyd baie gelag, geëet en musiek gemaak.

As jong kind onthou ek hoe my ma Sondagetes voorberei het, met opmerkings soos ‘hoeveel koppe hierdie keer…two, four, six….’, terwyl sy in die ry afgaan.

Sy was die beste kosmaker en seekoskenner gedurende die tagtigerjare in Gansbaai - soveel so dat sy vir haar en my pa ‘n ete tydens die opening van die Parlement losgepraat het.

In haar vis-en-tjipswinkel kon sy ure lank met besoekers en vakansiegangers praat.
Dan het sy ook na die destydse Adjunk-minister, Leon Wessels, verwys en gesê hoe hy hulle ‘die groot bederf’ gegee het.”

Bessie laat haar eggenoot, Godfrey, 8 kinders en vele kleinkinders agter. “You will be sadly missed and your legend will live on…!”

Hardus Botha

In Memoriam Bessie van Boom

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles