Huis E baljaar weer

Huis E baljaar weer

Gansbaai Courant



Ivanhoe Sea Safaris se boot - bietjie seesiekerig en kouerig in die reën, maar gevul met vreugde

Die bevoorregte dogters van Huis E van Herberg Kinderhuis in Robertson se gebruiklike kuier in Gansbaai was weer eens met vreugdes en opgewondenheid gevul. Dertien van hulle het onlangs kom kuier en is behoorlik deur die organiseerders en naweekouers, Lukas en Stienie Geldenhuys, onthaal. Hulle is bygestaan Dries en Susan van Heerden, Marie Le Roux en Johan Brandt.


Smaaklike pizza’s in B’Blondes is genuttig

‘n Komitee, met Susan van Heerden as voorsitter, binne die NG Vrouediens, het lankal reeds verantwoordelikheid vir Huis E aanvaar en skenk op ‘n gereelde basis en op verskeie gebiede aandag aan die groep dogters. Die dogters is weer eens met allerlei uitstappies en aktiwiteite bederf, ingesluit geestelike verrykingsgeleenthede wat deur Lukas en ds Dirk van Dyk hanteer is.


Lekker ontspanne op die strand by Uilenkraalsmond

Onder andere is gratis pizza’s by B’Blondes geniet; ‘n gratis walvisbesigtigings-bootrit saam met Ivanhoe Sea Safaris waar walvisse wel gesien is, maar nie sonder ‘n bietjie seesiek nie; handsakke wat gemaak is met materiaal wat deur Olivia geskenk is; die bywoning van ‘n Erediens in die NG-gemeente; ‘n besoek aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes waar lekkers aan die inwoners uitgedeel is; ‘n besoek aan Uilenkraalsmond, “maar die water was nie reg om te kon swem nie”. Sommer ‘n mondvol vir ‘n naweek in Gansbaai.


Tyd vir speletjies speel was daar volop gewees

Die groep opgewonde dogters is Celeste Maree, Daneel van Schalkwyk, Elreze Oliphant, Fredeline Bester, Gabriella Mthemla, Leandre Swarts, Lee-Anne Pelceur, Nasherly Otto, Nicolene Blankenberg, Sonja Martins, Tiffany Presens, Vanessa Jonkers en Zelda Adams en hulle Huismoeder is Bettie Thomas.

Die volgende “groot dankies” (alfabeties) word voorgehou: Annie Smit (hoedjies en keppies), Doreen Venter (reël van Uilkraalhuisies @ billike tariewe), Gansbaai Courant (gratis foto’s en berigte), Gansbaai OK Foods (piekniekmandjies), Gansbaai Superspar (Saterdagbraai), Ivanhoe Sea Safaris (gratis walvisbesigti-gingsbootrit), Kekkel en Kraai (hoendervleis @ billike prys), Kosmakers & Braaiers (Lukas Geldenhuys, Dries van Heerden, Marie Le Roux en Johan Brandt), Linda van B’Blondes (gratis pizza’s), Nico van Rhyn (brandstof), Prime Cut Meats (gratis wors), Sakkie van der Merwe van Kleinbaai Superette (hout @ billike prys) en Wynand Le Roux & Gansbaai SAPD (bydraes). “Nog mense, te veel om te noem, het ons ook ondersteun en bydraes gelewer vir wie ons ook hartlik bedank,” sê Stienie.

Belangstellendes wat graag saam met die Vrouediens by Huis E betrokke wil raak óf skenkings as bydraes wil gee, kan meer besonderhede by die NG Kerkantore by 028-384-0510 kry.

Hardus Botha 


Modeparade met die selfgemaakte handsakke en hoedjies van Annie Smit
 

Huis E baljaar weer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles