Huis E baljaar weer

Huis E baljaar weer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News



Ivanhoe Sea Safaris se boot - bietjie seesiekerig en kouerig in die reën, maar gevul met vreugde

Die bevoorregte dogters van Huis E van Herberg Kinderhuis in Robertson se gebruiklike kuier in Gansbaai was weer eens met vreugdes en opgewondenheid gevul. Dertien van hulle het onlangs kom kuier en is behoorlik deur die organiseerders en naweekouers, Lukas en Stienie Geldenhuys, onthaal. Hulle is bygestaan Dries en Susan van Heerden, Marie Le Roux en Johan Brandt.


Smaaklike pizza’s in B’Blondes is genuttig

‘n Komitee, met Susan van Heerden as voorsitter, binne die NG Vrouediens, het lankal reeds verantwoordelikheid vir Huis E aanvaar en skenk op ‘n gereelde basis en op verskeie gebiede aandag aan die groep dogters. Die dogters is weer eens met allerlei uitstappies en aktiwiteite bederf, ingesluit geestelike verrykingsgeleenthede wat deur Lukas en ds Dirk van Dyk hanteer is.


Lekker ontspanne op die strand by Uilenkraalsmond

Onder andere is gratis pizza’s by B’Blondes geniet; ‘n gratis walvisbesigtigings-bootrit saam met Ivanhoe Sea Safaris waar walvisse wel gesien is, maar nie sonder ‘n bietjie seesiek nie; handsakke wat gemaak is met materiaal wat deur Olivia geskenk is; die bywoning van ‘n Erediens in die NG-gemeente; ‘n besoek aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes waar lekkers aan die inwoners uitgedeel is; ‘n besoek aan Uilenkraalsmond, “maar die water was nie reg om te kon swem nie”. Sommer ‘n mondvol vir ‘n naweek in Gansbaai.


Tyd vir speletjies speel was daar volop gewees

Die groep opgewonde dogters is Celeste Maree, Daneel van Schalkwyk, Elreze Oliphant, Fredeline Bester, Gabriella Mthemla, Leandre Swarts, Lee-Anne Pelceur, Nasherly Otto, Nicolene Blankenberg, Sonja Martins, Tiffany Presens, Vanessa Jonkers en Zelda Adams en hulle Huismoeder is Bettie Thomas.

Die volgende “groot dankies” (alfabeties) word voorgehou: Annie Smit (hoedjies en keppies), Doreen Venter (reël van Uilkraalhuisies @ billike tariewe), Gansbaai Courant (gratis foto’s en berigte), Gansbaai OK Foods (piekniekmandjies), Gansbaai Superspar (Saterdagbraai), Ivanhoe Sea Safaris (gratis walvisbesigti-gingsbootrit), Kekkel en Kraai (hoendervleis @ billike prys), Kosmakers & Braaiers (Lukas Geldenhuys, Dries van Heerden, Marie Le Roux en Johan Brandt), Linda van B’Blondes (gratis pizza’s), Nico van Rhyn (brandstof), Prime Cut Meats (gratis wors), Sakkie van der Merwe van Kleinbaai Superette (hout @ billike prys) en Wynand Le Roux & Gansbaai SAPD (bydraes). “Nog mense, te veel om te noem, het ons ook ondersteun en bydraes gelewer vir wie ons ook hartlik bedank,” sê Stienie.

Belangstellendes wat graag saam met die Vrouediens by Huis E betrokke wil raak óf skenkings as bydraes wil gee, kan meer besonderhede by die NG Kerkantore by 028-384-0510 kry.

Hardus Botha 


Modeparade met die selfgemaakte handsakke en hoedjies van Annie Smit
 

Huis E baljaar weer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles