Gansbaai Gholfnuus

Verjaarsdae:  Clayden Burger 15e, Johannes vd Walt 17, Jakkie Beukes 17, Danie van Zyl 18, Marlene Davin 22, Charlie Bent 25, Amanda Donelly 26 – veels geluk!

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Bev Swart met 37 punte, gevolg deur Dawie Viljoen 37, Rob Jerrard 37, Paul Dippenaar 36, Jan le Roux 35, George Hunt 35, Charlie Bent 34, Daan Victor 34, ET Engelbrecht 33, Bobby Brandt 32.  Naaste aan die penne was Andre Roos op no 2&11, George Hunt op no 8&17 en Paul Dippenaar op no 15.  Spog Twee’s word aangeteken deur Dawie Rossouw 17 en Stella Swart 17.

Vrydag se 9-putjie kompetisie wat geborg word deur OK Foods was gewen deur Daniel vd Merwe met 18 punte, gevolg deur Andre Roos 16, Solly Wessels 15, Charlie Bent 15.  Paul Dippenaar wen die naaste aan die pen op putjie no 8.  Die ledetrekking was nie gewen nie en word oorgedra na volgende week.

Saterdag se kompetisie was die Maandelikse Houspel en die wenner was Sextus Neethling (regs) met 68 nett (borg: Kleinbaai Motors), gevolg deur Bertie Laubscher 71, George Hunt 73, Charlie Bent 77, Andre Roos 82, Niel Harrison 83, Jacques Nell 84, Jan le Roux 85, Dirkie Loubser 87, Bev Swart 93. Naaste aan die penne was Dirkie Loubser op no 11 en teken ook ‘n Spog Twee aan.

Uitklopkompetisie:  Bertie Laubscher klop vir Bev Swart in die finaal van die Enkels – veels geluk, Bertie!

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos.