Geelbek Kabeljou Snoekies

Geelbek Kabeljou Snoekies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Lulof Doyer het hierdie mooi geelbek van 7 kg laas Woensdag naby die Punt gevang.

Soos laas week berig, word daar wel geelbekvangste (en ‘n kabeljoutjie of wat tussenin) gemaak, maar veel is daar ook nie. Net om te wys dat daar darem nie ‘n grootliegstorie versprei word nie, word die foto geplaas van ‘n mooi vis wat verlede Woensdag in die laaitjie beland het. Dis nou buiten die romanne en ander mooi gediertes wat ook hulle alie gesien het. Selfs ‘n paar snoekies het gesig gewys. Ook verlede naweek met ‘n hengelaar gepraat wat gespog het met die baie steenbras en sommer ook galjoen wat hy al gevang het  --  en ook die stelling maak dat hy genoeg vis van die kant af vang en nie die nodigheid insien om met ‘n boot te moet see toe gaan nie. Gee so ‘n bek jam! Hy het beloof om met sy toekomstige mooi vangste ‘n foto te verskaf. Sal maar moet sien.

‘n Waarneming wat op die boot nogal van waarde kan wees: ‘n Ligter lyn sal altyd vir my ‘n voorkeur bly, maar dat daar beperkinge is is net so waar. In vlakker water en met ‘n minimale stroom is daar geen beter opsie (veral by die vang van kleiner vis) as ligte gereedskap nie. In dieper water verander die prentjie. Die baie lyn wat jy gebruik vermeerder die kans dat jy ‘n kraaines gaan optel en deur gebruik te maak van ‘n bootstokkie skakel jy hierdie probleem grotendeels uit. Wat dit nag vir jou kan maak is wanneer jou lyn (a.g.v. ‘n stroom, of dalk het jy ‘n woelige vis daaraan) met jou buurman se lyn gaan kennis maak  Dalk ook met die ander manne se lyne. So maak jy beslis nie vriende nie en die voordele verbonde aan die ligte gereedskap is nie werd om ‘n vyand te maak nie! Die antwoord is om van ‘n swaarder lyn gebruik te maak en jou stroplyne nog steeds lig te hou. So behou jy die beste van albei wêrelde.    

Groete, Seemeeu


Wat is mooier, die vis of die nooi? Ongelukkig het ek nie haar naam nie, maar die mooi galjoen wat voor haar gehou word is deur Len Lawson gevang.

Geelbek Kabeljou Snoekies

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles