Academia eindig hul rugbyseisoen op hoe noot

O/15 en O/17 Suid-Boland Spelers

Academia het al die reg om breë bors te kan spog met van hul rugbyspelers. Die volgende manne het Suid- Boland verteenwoordig in die O/17 en O/15 ouderdomsgroepe: Fritz Hill, Shaun Memanie, Nardie Groenewald en Rallston Dreyer.

Die volgende O/15 spelers het tydens die September vakansie deelgeneem aan die ontwikkelingstoernooi in die Boland Ontwikkelingspan teen SWD, WP en OP: Angelo Vergotine, Victor Abrahams, Lenando Mert en Kobus Truter.

Die dames het ook nie teruggestaan nie.

Die volgende drie meisies sal in die Desember vakansie Boland Sewes verteenwoordig in Bloefontein vir die vroue Sewes Toernooi: Jay-Lee Swart, Itania Hendreck en Melandi Steynberg.

Liezel Mostert


Jay-Lee en Melandi (Afwesig Itania) en O/15 Boland Spelers