Die VRUG van die GEES is VREUGDE

Die VRUG van die GEES is VREUGDE

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit gaan goed met die mens wat ….  in die woord van die HERE sy vreugde vind, en dit dag en nag oordink.” (Ps 1:1,2).

“Vind jou vreugde in die HERE, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer” (Ps 37:4). “Wees altyd bly in die HERE! Ek herhaal: Wees bly!“ (Fil 4:4)

Kyk ‘n bietjie rondom jou na jou christen-vriende: Lyk dit vir jou asof die vreugde en blydskap van Jesus uit hulle straal? Die meeste christene lyk nie na besonders vreugdevolle mense nie! Hoekom dink jy is dit só?

Een woord: Fokus! Mense fokus op verkeerde dinge! Prioriteite!

Dit gaan oor: “Wat wil ek hê?   Wat is vir my belangrik?” “Hoe kan ek meer geld maak, ryker word!” Ons moet altyd groter, mooier, hoër, luukser, beter en ryker wees!

Ons wil darem nie afsteek by die ander mense in ons buurt nie! Maar maak al dié dinge ons gelukkiger? Gee dit ons ware vreugde? NEE! Allermins! Mense word ongelukkiger, sieker en meer ontevrede!

Galasiërs 5:22 sê: Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede…Waar kom hierdie vreugde vandaan? Van die Heilige Gees!Waar woon die Heilige Gees?– Binne in jou!

Waar gaan jy ware vreugde kry?  Van die Gees binne in jou Met ander woorde: Jy vind nie vreugde in uiterlike dinge soos geld,werk, besittings, drank, genot, eie-belange, vriende of mense nie!

Kyk gou weer na ons tekste wat hier bo aangehaal is. As jy gelukkig wil wees, as jy wil  hê dit moet goedgaan: Dan moet jy eers jou vreugde vind in die Woord van die HERE! (Psalm 1:1-3)As jy wil hê wat jou hart begeer: Vind jou vreugde in die HERE! (37:4)

As jy altyd wil blydskap of vreugde wil ervaar: Wees altyd bly in die HERE! (Fil 4:4)

Hierdie woorde staan uit: “IN die HERE.”

Vreugde is nie daar buite êrens gekoppel aan iets/iemand  nie! Vreugde is binne-in jou! In die HERE! As jy in ‘n verhouding met Jesus lewe, as jy Hom soek in alles wat jydoen en sê en dink, dan het jy ware vreugde in jou lewe! Jy kan alleenware vreugde ervaar as jy geleer het om in alle omstandighede en te alle tye,stil te word en vreugde en dankbaarheid oor wat jy het en is, te ervaar!Wil jy weet of GOD, die Heilige Gees in jou woon? Kyk dan of jy ware blydskap en vreugde binne in jou ervaar! VREUGDE is die beste teken van GOD se teenwoordigheid!

Gaan toets nou of jy hierdie gawe van die Gees naamlik ‘vreugde’, injou het: Wil jy die hele tyd borrel en juig oor GOD, jou Vader en Jesus, jou Verlosser?Dit, my vriend in Jesus, is vreugde – om te kan bly wees in die HERE! Om die heeldag te voel: Ek is so bly ek behoort aan Jesus!

Dis ware vreugde!

Die VRUG van die GEES is VREUGDE

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles