In Memoriam Adj Off Ghandi Kruger

In Memoriam Adj Off Ghandi Kruger

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Andries Jacobus Kruger (links), beter bekend as Ghandi, ‘n Adjudant-offisier van Gansbaai SAPD, is op Sondag, 20 Oktober in die ouderdom van 55 jaar oorlede.

Die gemeenskap was Sondagmiddag erg geskok by die aanhoor van sy skielike heengaan. Ghandi is op 20 Julie 1958 gebore en begin sy jarelange polisie-loopbaan op 17 Maart 1978, 35 jaar gelede, in Polokwane. In 2002 neem hy die leisels as Stasiebevelvoerder van Gansbaai oor en was ook nou betrokke by die stigting van die Gansbaai Slagoffer Ondersteuningskamer (Traumakamer).

In Julie 2002 aanvaar Ghandi ‘n pos te Stanford SAPD, maar keer gedurende 2005 weer na Gansbaai terug waar hy as waarnemende Stasiebevelvoerder in diens van Gansbaai SAPD staan. Later word hy ook as Sektor Bevelvoerder in die Landelike Gebied aangestel, waar hy die omliggende plase en Pearly Beach tot diens was. Paul Venter van Uilkraal Buurtwag verwys met groot lof na Ghandi se betrokkenheid by die Buurtwag, asook die Pearly Beach Buurtwag.

Ghandi is met Engela in die huwelik bevestig en 2 seuns, Jaco en Corné, asook ‘n dogter, Luandie is uit die huwelik gebore. Ghandi het as ‘n lojale en toegewyde polisiebeampte bekendgestaan en was alom gewild in die onderskeie gemeenskappe, maar veral ook as ‘n omgee-persoon wat na andere uitgereik het. Sy afsterwe laat ‘n groot leemte in die gemeenskap, maar veral onder sy kollegas te Gansbaai SAPD. AO Ghandi laat sy eggenote, Engela en hulle kinders Jaco, Luandie en Corné, asook 5 kleinkinders agter.

Twee roudienste is vir Vrydag en Saterdag gereël. Op Vrydag, 25 Oktober om 11:00 sal ‘n private polisie-roudiens deur ‘n Kapelaan van die SAPD in die AGS-kerkgebou gehou word. Op Saterdag, 26 Oktober om 11:00 sal ‘n roudiens in die NG-kerkgebou deur ds Dirk van Dyk gehou word.  

Hardus Botha

In Memoriam Adj Off Ghandi Kruger

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles