André-Pierré Gouws (regs), ‘n knap produk van Laerskool Gansbaai, is as 2014 se Hoofseun vir Hoërskool Hermanus aangewys.
Naas die akademie, is André-Pierré ook ‘n kranige rugbyspeler en het Boland in die o/18 Atlantic Sewes Toernooi aan die einde van September in Pretoria verteenwoordig. Hy is ook in die Boland Elite Groep vir vyftienman-rugby vir 2014 opgeneem. Met hierdie prestasie het hy vol Erekleure verwerf. André-Pierré is die seun van André en Carla Gouws van Gansbaai.
Hardus Botha