Fotografie opwinding

Fotografie opwinding

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Emosies” as tema, ‘n voorbeeld deur Jane Bailey

Gansbaai Fotografieklub bly steeds ‘n informele en gesellige klub waar die kundiges onder die lede hulle kennis as ‘n gratis leerskool aan lede bied. Daarom is dit slegs opbouende kommentaar ter verbetering wat deur die “beoordelaars” gelewer word.           
                                         
Die vorige byeenkoms se tema was “Oop”, aangesien ‘n spreker nie gekry kon word nie. Marc du Plesis het die foto’s vir bespreking hanteer. Vrae is weer eens geduldig beantwoord en vele wenke ter verbetering is uitgedeel. ‘n Wenk deur klublid Roelof Diener was om van dieselfde voorwerp of toneel minstens 2-3 foto’s te neem, maar telkens met ander verstellings op die kamera. “Persoonlik beskou ek dit as ‘n goeie leerproses,” het hy gesê. Tydens die laaste byeenkoms is “Emosies” as tema gebruik, wat eweneens uitstekende foto’s tot gevolg gehad het en wat deur Clive en Jane Bailey “beoordeel” is.   Die besprekings van die foto’s met verwysing na kamera-verstellings en dies meer, was weer eens baie leersaam en klublede het lustig aan die besprekings deelgeneem. Die klub se jaarlikse Gemeenskapsprojek bestaan vanjaar uit foto’s wat van Herberg-aan-See se inwoners geneem gaan word, wat dan as geskenke aan hulle oorhandig gaan word.

Klublede vergader op Saterdag, 2 November om 09:00 by die Tehuis, met die fotosessies wat om 10:00 sal begin, met “Kersfees” as tema. Die tema vir foto’s vir 18 November is “Energie”.

Vir algemene klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word. 

Hardus Botha


Die “Oop”-tema, ‘n voorbeeld deur Christo Wessels

Fotografie opwinding

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles