5 uit 8 kuier saam

5 uit 8 kuier saam

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr en van oudste na jongste is Pearlie (79), Ida (78), Doris (77), Sannie (72) en Paulina (64), met voor vlnr Doris en Pauline se eggenotes, Fred en Thias.

Vyf susters uit ‘n gesin van agt kinders het onlangs gesellig in De Kelders saamgekuier. Van die oudste tot die jongste is hulle Pearlie (79), Ida (78), Doris (77), Sannie (72) en Paulina (64). Dan is daar nog drie broers van Saldanna wat nie die gesellige saamkuier kon bywoon nie, Hannes (76), Andries (73) en Danie (68). Op twee na (1 seun en 1 dogter) is almal dus 70-plus in lewensjare.

Die twee dorings op die foto is Fred (82), Doris se eggenoot en Thias (69), Paulina se eggenoot. Ida woon in Port Elizabeth, met Paulina en Thias wat in Somerset-Wes woon. Die ander drie susters, Sannie, Pearlie en Doris, asook Fred woon in Hoofweg, De Kelders, waar die geselligheid aangebied is. “Ons het die gerieflike huis netjies in twee verdeel, met Doris en Fred in die een gedeelte en ek en Pearlie in die ander gedeelte, met ‘n gesamentlike kuier- en braaiplek tussen ons,” vertel Sannie. Die agt kinders het hoofsaaklik in Port Elizaberth en later in Gordonsbaai grootgeword, met die meeste van hulle wat in Hottentots-Holland Hoërskool, Somerset-Wes op skool was. Die gesellige samesyn is spesiaal vir Fred se 82ste verjaardag op 22 Oktober gereël en dit is ‘n goeie vraag oor wie die meeste met die vleisbraaiery en kosmakery moes bontstaan - die 5 susters (meerderheid) of die 2 swaers! 

Hardus Botha

5 uit 8 kuier saam

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles