In Memoriam Richard Tokkie Jacobs

In Memoriam Richard Tokkie Jacobs

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Richard (Tokkie) Jacobs

Wyle Richard Jacobs, beter bekend as Tokkie, is op Dinsdag, 15 Oktober 2013 in die ouderdom van 70 jaar en enkele maande oorlede. Tokkie was saam met twee van sy seuns, Willem en Richard (Jnr) in Tanzanië op toer toe hy ná ‘n ernstige beroerte-aanval gesterf het. “Dit is vir my soos die volmaakte einde van ‘n lewenssiklus, aangesien Tokkie in dieselfde hospitaal in Arusha, Tanzanië, waar hy gebore is, oorlede is,” vertel sy eggenote, Sherley. “Hy en twee van ons seuns het sowat ses maande aan die toer beplan om onder andere sy geboorteplek op te soek en ek het die aand voordat hy gesterf het nog telefonies met hom gesels.”

Tokkie is op 31 Maart 1943 in Arusha, Tanzanië gebore en was die 3de geslag van die Jacobs-familie wat as ‘n Tanzanier grootgeword het. Hy het aanvanklik teologie aan die Universiteit van Stellenbosch vir ‘n paar jaar studeer, maar het dit sonder sy ouers se medewete vir duiklesse laat vaar, vandaar die bynaam van Tokkie vir Tokkelok. “Tokkie was ‘n avontuurlustige mens wat op sy tyd baie deur Afrika, die Kongo ingesluit, getoer het,” vertel Sherley. Die egpaar is op 1 Junie 1968, 45 jaar gelede, in Stellenbosch in die huwelik bevestig. Drie seuns, Willem (44 en in Engeland), George (42 en in Namibië) en Richard (40 en in Gauteng), en tussen die 3 van hulle is daar 5 kleinkinders.

Willem was vir die grootste deel van sy beroepslewe by VISCOR werksaam, onder andere as Hoof: Tegniese Dienste. In hierdie hoedanigheid was hy by die instandhouding van Wes-Kaapse hawens Hy was veral by Gansbaai hawe vir ‘n lang tydperk aktief betrokke. Hy het ook op die NGK Kerkraad gedien, terwyl Sherley ‘n VLV-lid was en ook die bloemistewinkel (waar Tolbos Bistro vandag staan) besit het. “Tokkie het ook as raadslid en vir ‘n tyd as Onderburgemeester van Gansbaai gedien,” sê Sherley. Die egpaar het hulle bekende “rietdak-huis” skuins oorkant die ou begraafplaas reeds sowat 40 jaar gelede gekoop en was gereelde besoekers aan Gansbaai, terwyl hulle verlede jaar permanent hierheen verhuis het. Tokkie laat sy eggenote, Sherley en hulle 3 seuns, Willem, George en Richard agter, asook 3 skoondogters en 5 kleinkinders.

‘n Roudiens is vandag (Donderdag, 24 Oktober 2013) om 11:30 in die NG Kerkgebou deur ds Deon Beyers van Heidelberg gehou.

Hardus Botha

In Memoriam Richard Tokkie Jacobs

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles