Pienkdag vir Bietoubossers

Pienkdag vir Bietoubossers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Bietoubossers se Pienkdag vir Borskankermaand, met vlnr Annette van Zyl (voorsitter) saam met Sunet Heyns wat ‘n blyk van waardering aan die gasspreker, Annelene Reinke oorhandig

Die Bietoubossers van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders se vorige byeenkoms was op Borskankermaand gefokus en die lede en gaste het pienk strikkies gedra en sommiges het sommer in pienk uitrustings opgedaag. Annelene Reinke van Pearly Beach het as gasspreker opgetree, met “Die Missie van Kansa” as tema. “Ons kan die impak van kanker in alle gemeenskappe van Suid-Afrika deur middel van gesondheidsbevordering aansienlik verminder deur voorspraak, volgehoue fasilitering van navorsing, voorkoming, vroeë opsporing en sorg,” het Annelene gesê.

Sy het onder andere die volgende statistieke rakende borskanker aan die Bietoubossers voorgehou: 1 uit 29 vroue sal in hul leeftyd met borskanker gediagnoseer word; 8 uit 10 knoppe is nie kwaadaardig nie; 1% van borskankergevalle kom by mans voor; 80% van borskankergevalle is hormoon-verwant; 70% van borskanker word by vroue bo 55 gediagnoseer; die jongste borskankerpasiënt in Suid-Afrika is slegs 9 jaar oud. “Alhoewel meer gevalle aangemeld word, is die sterftes minder as gevolg van vroeë diagnoses, groter bewustheid van kanker en die vooruitgang op die gebied van medikasie en behandeling.”

Sy het afgesluit met die volgende ernstige aanbeveling: “Fokus op vroeë diagnose en doen gereeld selfondersoeke en gaan gereeld vir mammogramme - borskanker hoef nie ‘n doodsvonnis te wees nie.” Elnette du Toit van KANSA herinner betrokkenes aan die borskanker-bewusmakingsdag in samewerking met Hermanus Medi Clinic op 30 Oktober. Drs de Flamingh en Truter sal vanaf 9:00 - 18:00 gratis borsondersoeke doen. Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is in die vorm van ‘n uitstappie na die Birkenhead Bierbrouery te Stanford op Dinsdag, 12 November 2013.

“Lede moet aub voor of op 4 November laat weet of hulle saamgaan ten einde ‘n plek te verseker,” versoek Annette van Zyl, voorsitter. Vir navrae kan Annette by 028-384-1075 gekontak word.

Hardus Botha

Pienkdag vir Bietoubossers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles