Academia se Markdag

Donderdag 17 Oktober het die graad 11 Besigheidstudie leerders hul markdag gehou. Tussen die reënvlae en koue wind het die jong entrepreneurs hul slag gewys. Van dekadente eclairs, hoenderburgers, slaptjips, hoenderpootjies, samoosas en vele meer is verkwansel. Die wengroep was June Prins, Maryke Appel en Devadean Appel met hul hoenderburgers.

Liezel Mostert