Kelpmeeu van gewisse dood gered

Kelpmeeu van gewisse dood gered

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die kelpmeeu, vasgestrengel in vislyn, wat langs die hawemuur van ‘n gewisse dood gered is

 ‘n Kelpmeeu is verlede week langs die hawemuur wat vanaf Gansbaai Kara-vaanpark see toe strek, van ‘n gewisse dood gered.

Een van die twee gereelde stappers op die twee hawe-mure, Anita Botha, het die kelpmeeu langs die muur tussen die rotse sien spartel en onraad vermoed. Sy en haar eggenoot het ondersoek ingestel en op die pragtige seevoël afgekom wat beslis vir ‘n lang tyd daar gelê en spartel het - met etlike meters vislyn wat sy pote aanmekaar “gebind” het van die gespartel, asook twee groot vishoeke en ‘n loodgewiggie, met die vislyn wat ook reeds om altwee vlerke gedraai was. Anita het ‘n skêr in die motor gaan haal en ‘n tydsame proses het gevolg waar die vislyn stukkie vir stukkie en versigtig losgeknip is.

Een van die vislynhouers van Dyer Island Conservation Trust langs die kus waarin vislyn en -hoeke gegooi kan word

“Die knapie was nogal moeilik en heel behendig met sy snawel, maar ek kon gelukkig daarin slaag om hom te bevry sonder dat ek stukkend gebyt is - terselfdertyd was ek daarvan oortuig dat ek tog dankbaarheid in sy verwarde oë bespeur het,” vertel Anita. Sy sê dit was duidelik dat hy nie te erg beseer was nie, behalwe dat hy, waar hy “vasggebind” half onder die rotse gelê het, beslis gedurende die nag sou verdrink het. Daar was wel bietjie bloed aan sy bene waar die vislyn begin insny het. Die kelpmeeu is daarna vrygelaat en het sonder aarseling weer sierlik die lug ingeklief.

Hierdie enkele insident plaas net weer eens die klem op die gevare wat nalatigheid en onverantwoordelike optrede met vislyn en -hoeke vir die mariene-lewe inhou. Hengelaars word versoek om Dyer Island Conservation Trust (DICT) se Vislynher-winningsprojek te ondersteun.

Om meer te weet van hierdie projek, kan DICT se webtuiste, www.dict.org.za besoek word. Hulle kan ook by 082-907-5607 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by info@dict.org.za.

Hardus Botha


 

Kelpmeeu van gewisse dood gered

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles