Kelpmeeu van gewisse dood gered

Kelpmeeu van gewisse dood gered

Gansbaai Courant

Die kelpmeeu, vasgestrengel in vislyn, wat langs die hawemuur van ‘n gewisse dood gered is

 ‘n Kelpmeeu is verlede week langs die hawemuur wat vanaf Gansbaai Kara-vaanpark see toe strek, van ‘n gewisse dood gered.

Een van die twee gereelde stappers op die twee hawe-mure, Anita Botha, het die kelpmeeu langs die muur tussen die rotse sien spartel en onraad vermoed. Sy en haar eggenoot het ondersoek ingestel en op die pragtige seevoël afgekom wat beslis vir ‘n lang tyd daar gelê en spartel het - met etlike meters vislyn wat sy pote aanmekaar “gebind” het van die gespartel, asook twee groot vishoeke en ‘n loodgewiggie, met die vislyn wat ook reeds om altwee vlerke gedraai was. Anita het ‘n skêr in die motor gaan haal en ‘n tydsame proses het gevolg waar die vislyn stukkie vir stukkie en versigtig losgeknip is.

Een van die vislynhouers van Dyer Island Conservation Trust langs die kus waarin vislyn en -hoeke gegooi kan word

“Die knapie was nogal moeilik en heel behendig met sy snawel, maar ek kon gelukkig daarin slaag om hom te bevry sonder dat ek stukkend gebyt is - terselfdertyd was ek daarvan oortuig dat ek tog dankbaarheid in sy verwarde oë bespeur het,” vertel Anita. Sy sê dit was duidelik dat hy nie te erg beseer was nie, behalwe dat hy, waar hy “vasggebind” half onder die rotse gelê het, beslis gedurende die nag sou verdrink het. Daar was wel bietjie bloed aan sy bene waar die vislyn begin insny het. Die kelpmeeu is daarna vrygelaat en het sonder aarseling weer sierlik die lug ingeklief.

Hierdie enkele insident plaas net weer eens die klem op die gevare wat nalatigheid en onverantwoordelike optrede met vislyn en -hoeke vir die mariene-lewe inhou. Hengelaars word versoek om Dyer Island Conservation Trust (DICT) se Vislynher-winningsprojek te ondersteun.

Om meer te weet van hierdie projek, kan DICT se webtuiste, www.dict.org.za besoek word. Hulle kan ook by 082-907-5607 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by info@dict.org.za.

Hardus Botha


 

Kelpmeeu van gewisse dood gered

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Property Prices Under Pressure: Invest Now

Property Prices Under Pressure: Invest Now

The long run of higher interest rates has put pressure on property prices.

Clothing Donation from Komtessa

Clothing Donation from Komtessa

Thanks to Komtessa's kindness, we've received a bunch of new clothes for our residents.

Herberg aan See
Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.

Gans-Berg Nuus / News
Support the 'Call of the Wildlife' Campaign

Support the 'Call of the Wildlife' Campaign

The Grootbos Foundation is running our 'Call of the Wildlife' campaign, and we're asking nature lovers like you to pitch in.

Grootbos Foundation
Leopard Footage in Gansbaai

Leopard Footage in Gansbaai

In last month's camera trap download, we captured footage of not just one, but four different leopards.

Grootbos Foundation
Bosch Kitchen Appliances

Bosch Kitchen Appliances

Upgrade your kitchen with Bosch home appliances.

S Herholdt
See All Articles