Geelstert

Geelstert

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die weer het nie toegelaat dat gereeld see toe gegaan word nie en hengel was oor die algemeen nie iets om oor huis toe te skryf nie. Daar is wel deur ‘n paar skippers reg geoordeel en gevolglik is enkele kabeljou, geelbek en ook geelstert gevang. Wat laasgenoemde betref, gaan dit oor meer as net see toe gaan en dan ‘n bakvol van hierdie visse te vang! Geelstertvang word net suksesvol vermag indien jy hierdie storie ken  --  of baie gelukkig is om dit so te tref dat jy midde-in ‘n geelstertbyt-waansin beland. In dié geval moet jy ‘n goeie storie daarvan maak want dis ‘n groot uitsondering. Die paar bakke geelstert wat raakgeloop is is bewys genoeg dat bitter min hengelaars hierdie kuns onder die knie het.

Daar is vroeë tekens dat die kabeljou land se kant toe staan. Gee nog bietjie tyd.

Om by die huis te sit en nie ‘n kans op hierdie deurmekaar see te wil waag nie is nie ‘n gewilde besluit nie, maar gesien die tragiese gebeure die laaste tyd toe heelwat bote in die moeilikheid beland het, is dit dalk ‘n wyse een. Weerstoestande behoort nou te verander.

Vir die persoon wat nie gereeld see toe gaan nie en dalk nie so vertroud is met toestande op see nie en dan besluit, “ag, wat, kom ons gaan maar, ons is nou hier”, dink weer! Moet nie om die bos gelei word deur omstandighede na aan jou wat dit laat lyk asof die see tog maar nie so omgekrap is nie. Neem waar…. kyk na die horison en indien jy “knoppe” daar waarneem, bly tuis. Let ook op of daar ‘n sterk stroom in die water is  --  en dié kan gewoonlik waargeneem word deur die sterk terugtrek en opstoot van die water by die hawe self. Dis gewoonlik ‘n aanduiding van kwaaier water dieper in.

Die inkom by Kleinbaaihawe kan nogal ‘n probleem wees indien die water baie rof is en veral vir vreemdelinge wat nie op hoogte is van plaaslike omstandighede nie, selfs gevaarlik indien daar nie met omsigtigheid te werk gegaan word nie. Baie van hierdie probleme kan egter vermy word deur op te let en op onvoorsiene omstandighede bedag te wees. Ervare skippers behoort nie probleme te ondervind nie. Die baie bamboes wat ‘n aanduiding is van hoe die hawe benader word is met ‘n rowwe see nie so waarneembaar nie en die namiddagson in jou oë soms hinderlik. Versigtig ook beide met die uitgaanslag en ook met die terugkeer wat tydsberekening betref. Wees in ieder geval altyd oplettend.

Groete, Seemeeu

Geelstert

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles