Rolbalnuus

Rolbalnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr Rinette Pratt, Hermien Fourie en Ihna Odendal

Op 15 Oktober 2013 het Franskraal Rolbalklub 'n driespel toernooi vir dames aangebied.  Dit is 'n jaarlikse instelling wat baie gewild geraak het by dames spanne van elders sowel as by spelers van Franskraal.  Vanjaar het spanne van Bredasdorp, L’Agulhas, Caledon, Hermanus, Kleinmond en Franskraal deelgeneem.  Dit het ook 'n instelling geword dat mev. Christie Groenewald van Kleinbaai hierdie toernooi borg en haar ondersteuning word hoog op prys gestel.  Sy was self ook teenwoordig by die toernooi.

Die toernooi was ook aangewend om bewustheid van kanker te bevorder en almal het 'n pink gedra kledingstuk (selfs die mans ook!) om die aandag daarop te vestig.  Dit het ook 'n kleurvolle vertoning op die perke geskep.

Ten spyte daarvan dat die weer nie mooi saamgespeel het nie, is goeie rolbal gespeel en die dames het dit wel geniet.  Die mans van Franskraal Rolbalklub het oudergewoonte vergoed vir die ietwat onplesierige omstandig-hede deur die dames te bederf met 'n smaaklike en baie aantreklike middag-ete en talle interessante geskenkies.

Die wenners van die toernooi was Hermien Fourie en haar span van Bredasdorp maar rolbal in die algemeen en kankerbewustheid het ook 'n groot slag geslaan.
Rolbal bly 'n spel wat deur almal geniet kan word.  Kom kyk gerus en word deel van die rolbalfamilie!  

Pieter Conradie
 

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles