Presteer by Top 10

Op Vrydag, 11 Oktober 2013 het ‘n klompie atlete van Laerskool Gansbaai aan die Top 10 Atletiekbyeenkoms in Bredasdorp deelgeneem.  Ons atlete het puik prestasies behaal tydens dié byeenkoms en Laerskool Gansbaai behaal ‘n algehele 2de plek vir skole kleiner as 500 leerders.  Niveena Jantjies het die prys ontvang vir beste 0/11 atleet asook beste dogtersatleet volgens die ASA-tabel, waar sy 970 punte verdien het vir gewigstoot, dogters 0/11.

Leana Botbyl

Agter vlnr:  Jurinda Martin (2de 75mH, 3de Hoogspring), Niveena Jantjies (1ste Gewigstoot), Zulene van Niekerk (1ste Verspring, 2de 800m, 2de 1500m), J’hanco Botha (3de Diskus). Voor vlnr:  Mikayla Martinengo (2de 1200m), Mari Carstens (3de Spiesgooi), Fiona Fourie (1ste 100m, 1ste 70mH), Jaiden Dickson (3de 400m, 3de Diskus)