Die beoogde gedenkboek, wat die ryke geskiedenis van Gansbaai moet vasvang, was byna gekelder, maar die vaarwater wink nou weer. Gansbaai Courant het op 19 September berig dat daar gedurende die afgelope 3 jaar nie voldoende fondse ingesamel kon word om die manuskrip te voltooi en die drukkoste daarna te dek nie. Intussen het daar individue na vore getree wat bereid is om rentevrye lenings vir 2 jaar vir die realisering van die gedenkbundel beskikbaar te stel. Dit is op voorwaarde dat die boek binne 2 jaar verskyn. Hierdie verwikkelinge is welkome nuus en die Gedenkboek-Komitee het gevolglik besluit om die sperdatum vir die finale besluit oor die toekoms van die projek uit te stel tot einde Desember 2013. Die besluit om die bedrag wat reeds deur skenkings en bestellings ingesamel is teen die einde van Oktober vanjaar terug te betaal, is ook vir eers ter syde gestel tot einde Desember vanjaar.
Sowat drie jaar gelede het ‘n klein groepie belangstellendes die behoefte identifiseer vir ‘n gedenkboek oor Gansbaai en sy mense. Dit nadat hulle bewus geword het van die waardevolle materiaal wat vir dié doel in besit van SD Fourie en haar man Jan, was. Dit het hulle onder die besef gebring dat hierdie ryke geskiedenis vir die nageslag behoue MOET bly. SD, as gevierde skrywer, was ook die ideale persoon om by die skryf daarvan te betrek. ‘n Loodskomitee is gestig en daar is dadelik aan die werk gespring om fondse in te samel. Die fondse kon by wyse van ‘n skenking, ‘n lening of bestelling van ‘n boek ingesamel word. Talle berigte is in Gansbaai Courant gepubliseer en ‘n funksie is gehou waar die gedagte vir ‘n boek en sommige van die gepaardgaande brondokumente bekendgestel is. In die proses is ongeveer R45,000 ingesamel en in trust gehou deur Guthrie en Theron prokureurs. Sommige van die skenkings is afkomstig van belangstellendes wat nie eers in Gansbaai woonagtig is nie.
Pogings is ook aangewend om finansiële ondersteuning van die L W Hiemstra Trust, asook by die Rupert Stigting te bekom. 'n Bedrag van R35,000 is deur die Hiemstra Trust belowe wat betaalbaar is by die voltooiing van die manuskrip. Die Rupert Stigting het egter aangedui dat hulle nie met die finansiering van die projek behulpsaam kan wees nie. Hierdie omstandighede veroorsaak egter dat daar steeds ‘n tekort van R100,000 bestaan om die manuskrip te voltooi. Die totale projekkoste is geraam op R250,000.
Die komitee wil graag diegene wat saam met ons die noodsaaklikheid van so ‘n gedenkboek raakgesien het en fondse geskenk het of bestellings vir boeke geplaas het, hartlik bedank, asook diegene wat nou lenings beskikbaar gestel het. Verdere bydraes en vooruit boekaankope sal verseker dat die projek slaag en daar word 'n beroep op die gemeenskap gedoen om betrokke te raak.
Dankie vir die ondersteuning en vertroue wat in die komitee gestel word in hulle poging om aan elkeen wat ná julle kom, waardevolle en interessante geskiedenis van Gansbaai te voorsien. Vir enige navrae kan rdl Pieter Scholtz (sameroeper) by 082-928-8869 geskakel word, of skakel mnr Kat Myburgh by 028-384-8300.
Francois de Jongh
Gedenkboek kry 2de kans
31 October 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.