Gedenkboek kry 2de kans

Gedenkboek kry 2de kans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die beoogde gedenkboek, wat die ryke geskiedenis van Gansbaai moet vasvang, was byna gekelder, maar die vaarwater wink nou weer. Gansbaai Courant het op 19 September berig dat daar gedurende die afgelope 3 jaar nie voldoende fondse ingesamel kon word om die manuskrip te voltooi en die drukkoste daarna te dek nie. Intussen het daar individue na vore getree wat bereid is om rentevrye lenings vir 2 jaar vir die realisering van die gedenkbundel beskikbaar te stel. Dit is op voorwaarde dat die boek binne 2 jaar verskyn. Hierdie verwikkelinge is welkome nuus en die Gedenkboek-Komitee het gevolglik besluit om die sperdatum vir die finale besluit oor die toekoms van die projek uit te stel tot einde Desember 2013. Die besluit om die bedrag wat reeds deur skenkings en bestellings ingesamel is teen die einde van Oktober vanjaar terug te betaal, is ook vir eers ter syde gestel tot einde Desember vanjaar.

Sowat drie jaar gelede het ‘n klein groepie belangstellendes die behoefte identifiseer vir ‘n gedenkboek oor Gansbaai en sy mense. Dit nadat hulle bewus geword het van die waardevolle materiaal wat vir dié doel in besit van SD Fourie en haar man Jan, was. Dit het hulle onder die besef gebring dat hierdie ryke geskiedenis vir die nageslag behoue MOET bly. SD, as gevierde skrywer, was ook die ideale persoon om by die skryf daarvan te betrek. ‘n Loodskomitee is gestig en daar is dadelik aan die werk gespring om fondse in te samel. Die fondse kon by wyse van ‘n skenking, ‘n lening of bestelling van ‘n boek ingesamel word. Talle berigte is in Gansbaai Courant gepubliseer en ‘n funksie is gehou waar die gedagte vir ‘n boek en sommige van die gepaardgaande brondokumente bekendgestel is. In die proses is ongeveer R45,000 ingesamel en in trust gehou deur Guthrie en Theron prokureurs. Sommige van die skenkings is afkomstig van belangstellendes wat nie eers in Gansbaai woonagtig is nie. 

Pogings is ook aangewend om finansiële ondersteuning van die L W Hiemstra Trust, asook by die Rupert Stigting te bekom. 'n Bedrag van R35,000 is deur die Hiemstra Trust belowe wat betaalbaar is by die voltooiing van die manuskrip. Die Rupert Stigting het egter aangedui dat hulle nie met die finansiering van die projek behulpsaam kan wees nie. Hierdie omstandighede veroorsaak egter dat daar steeds ‘n tekort van R100,000 bestaan om die manuskrip te voltooi. Die totale projekkoste is geraam op R250,000.

Die komitee wil graag diegene wat saam met ons die noodsaaklikheid van so ‘n gedenkboek raakgesien het en fondse geskenk het of bestellings vir boeke geplaas het, hartlik bedank, asook diegene wat nou lenings beskikbaar gestel het. Verdere bydraes en vooruit boekaankope sal verseker dat die projek slaag en daar word 'n beroep op die gemeenskap gedoen om betrokke te raak.

Dankie vir die ondersteuning en vertroue wat in die komitee gestel word in hulle poging om aan elkeen wat ná julle kom, waardevolle en interessante geskiedenis van Gansbaai te voorsien. Vir enige navrae kan rdl Pieter Scholtz (sameroeper) by 082-928-8869 geskakel word, of skakel mnr Kat Myburgh by 028-384-8300.

Francois de Jongh

Gedenkboek kry 2de kans

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles