Academia Valedictory dag

Academia Valedictory dag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit voel soos gister wat die eerste matriekklas van Academia deur die dorp gestap het met hul laatse skooldag. Vinnig het die tyd verbygevlieg en die tweede matriekklas het deur die dorp gestap om hul eksamennommers te ontvang en vir oulaas totsiens te sê. Vir party was dit ‘n emosionele dag en vir ander een van blydskap om eintlik klaar te wees na 12 jaar op die skoolbanke.

Die leerders het by die AGS kerksaal bymekaargekom waar die personeel van Tolbos ‘n heerlike ontbyt bedien het. Daarna is daar deur die dorp gestap na die skool. Die huidige graad elf leerders het ‘n erewag gestaan en matriekleerders en hul ouers het die saal binnegestap. Toesprake is gelewer deur Pastoor Prins, mnr Wilson, prinsipaal, mnr Ernst Niewoudt, voorsitter Skoolbeheer-liggaam, Bianca de Koning, hoofmeisie, Monica de Gouveia, hoofmeisie 2014 en mev Carien Fortuin, graadhoof.

Elke leerder is individueel na die verhoog geroep en het hul eksamennommers ontvang. ABSA bank het ‘n klein geskenkie uitgedeel om te help met die studiesessies. Baie dankie aan Mev Yvonne Roux en personeel van ABSA Gansbaai. Daar was ook drie prettige pryse uitgedeel, een vir die trotse Sharkie wat aan Jolene Filander en Juandre Spies gegaan het, die hardwerkendste Sharkie is toegeken aan Cameron Marthinus en die deurmekaarste Sharkie aan Felix Visser. Nou lê die groot leer voor en wag ons in spanning vir die dag wat die uitslae kom.

Liezel Mostert                                   
Foto's : Lizette Botha

Academia Valedictory dag

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles