Jannie Mouton Gee Hoop

Jannie Mouton Gee Hoop

Gansbaai Courant

Jannie Mouton, Voorsitter van PSG Groep, saam met Rene Beukes en Fanie Bothma van die Gansbaai Sakekamer

Op ‘n ledevergadering van die Gansbaai Sakekamer gehou op 24 Oktober 2013 in die Great White House in Kleinbaai,  het Jannie Mouton, Voorsitter van die PSG Groep, ‘n besielende boodskap gebring met sy aanbieding onder die titel “Glo in jouself”.

Hy het aan sy gehoor, bestaande uit sakekamerlede en genooide gaste, tydens die dinee ‘n insig gegee van hoe hy en sy span ‘n suksesvolle sakeryk opgebou het wat vandag ‘n groot verskil maak in die Suid-Afrikaanse ekonomie.  Hy het daarop gewys dat ons in ‘n wonderlike land woon wat ‘n vreedsame oorskakeling kon maak na  ‘n volle demokrasie en beskik ons oor wereldklas finansiële instellings soos die Reserwebank en die SAID.  As deel  van die BRIC ekono-miese groepering, speel Suid-Afrika vandag  ‘n  leidende rol in Afrika. Die PSG Groep het sy ontstaan gehad na  1994 en kon,  deur op die positiewe te fokus,  daarin slaag om sukses te behaal.

Hy het dit reguit aan sy gehoor gestel: “ Indien jy nie tevrede is met jou land nie en gedurig besig is om fout te vind – emigreer dan eerder!” As  jy egter bereid is om die geleenthede raak te sien wat in Suid-Afrika bestaan, kan jy te midde van al die bekommernisse wat bestaan oor korrupsie, swak dienslewering, arbeidonrus en misdaad, met eerlike, doelgerigte en oordeelkundige werk ‘n sukses van jou onderneming maak. 

Volgens Jannie begin alles met ‘n plan. Skryf hierdie plan neer en werk daarvolgens. Ontwikkel dit en pas gedurig aan deur te lees, te eksperimenteer en glo in jouself.  Wees bereid om risiko’s te neem.  Wie nie waag nie, wen nie. Omring jou  met mense wat jy kan vertrou en die werk vir jou kan doen. Vertrou hulle en bemagtig hulle. Leer om te gee – hoe meer jy gee, hoe meer sal jy ontvang en vrede en geluk ervaar.

Hy het Napoleon Hill aangehaal wat sê: “Whatever the mind can conceive and believe it can achieve.”

Hy het verduidelik hoe hoogs suksesvolle besighede soos PSG Konsult ontstaan en gedy het op hierdie beginsel van bemagtiging en vertroue.  Mense wat voel dat hulle eienaarskap het van dit waarmee hulle besig  is,  sal harder en slimmer en doelgerig werk om sukses te behaal. Hy haal Theodore Rooseveldt aan wat gesê het:”

The best executive is the one who has sense enough to pick good people to do what he wants done, and self-restraint enough to keep from meddling with them while they are doing it”. Daar is vandag meer as 200 PSG kantore landswyd met ongeveer 2000 finansiele adviseurs en professionele persone wat hulle kliënte met kwaliteit en professionele diens bedien. Hierdie wenresep van selfbemagtiging  is  onlangs weer uiteengesit in PSG se finansiëleresultate waar die baie mooi prestasies van maatskappye soos CapitecCurroPSG Konsult en Zeder in Jannie se Voorsitterverslag uitgelig is. Nog suksesverhale in wording  waarna hy verwys het, is maatskappye soos Pioneer, Kaap Agri, Agricol, Chayton Africa, Capespan, Impak en die Swart Bemagtigings-maatskappy, Thembeka

Hy het benadruk dat daar in Afrika baie geleenthede opgesluit lêwat wag om ontgin te word.

Jannie se wenk vir die aand: PSG Global Flexible Fund waarvan meer besonderhede by die naaste PSG-kantoor beskikbaar is.

Jannie het afgesluit deur te sê: “Ek glo in ‘n SPAN; PSG FAMILIE EN SUID AFRIKA”
Die aand,  wat geborg was deur die PSG kantoor op Gansbaai,  was gekenmerk deur ‘n voortreflike ete en goeie diens deur die span van die Great White House. Die dinee was bygewoon deur 70 lede en gaste wat Jannie Mouton se aanbieding en die lekker ete terdeë geniet het.

OPKOMENDE AKSIES

Op 12 November 2013 vergader afgevaardiges van die Sakekamer met Wes-Kaapse Minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Allan Winde, waar die geleentheid gebied word om verdienstelike sake wat Gansbaai en omgewing raak, met die Minister te bespreek en sy steun daarvoor te probeer verkry. Sakelui  word uitgenooi om met die Voorsitter, Fanie Bothma, te skakel om sake van belang op die agenda te plaas.

Op 28 Desember 2013 word die Gansbaai Sakekamer se gholfdag aangebied. Gansbaai se besighede en belanghebbendes het die geleentheid om deel te neem en hulle besighede te adverteer deur hierdie pret geleentheid te ondersteun met borgskappe en donasies.

Skakel met die organiseerder en visie-voorsitter van die Sakekamer, Rene Beukes so gou as moontlik by 0827774814.

Harry de Jager

Jannie Mouton Gee Hoop

Harry de Jager

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles