Mooiste maand Oktober

 Mooiste maand Oktober

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

C Louis Leipoldt, groot Afrikaanse digter van weleer

Vandag is 31 Oktober 2013 - die laaste dag van C Louis Leipoldt se mooiste, mooiste maand en vanjaar was dit terselfdertyd ‘n pienk-getooide maand vir Borskanker, ook in Gansbaai.

Gansbaai Courant het dit goed gedink om op die laaste dag van Oktober enkele verse van Leipoldt se bekende “Oktobermaand”-gedig te plaas.

Dr Christian Frederik Louis Leipoldt is op 28 Desember 1880 in Worcester gebore. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog werk hy as verslaggewer vir verskeie koerante, insluitend oorsese koerante en gedurende 1902 - 1907 bestudeer hy medisyne in London, Engeland. Op 12 April 1947 is hy in die ouderdom van 67 jaar oorlede.

“Leipoldt is ons veelsydigste kunstenaar en een van ons grootste digters. Deur sy natuurverse ontdek die destydse Afrikaanse volk as’t ware vir die eerste keer die Suid-Afrikaanse natuurskoon: die struike, blomme, die goggatjies…hierdie natuurverse is vol uiterlike vreugde, maar met verhole droefheid.” - DJ Opperman.

Saam met Jan FE Celliers en JD du Toit (Totius), word Leipoldt as een van die leiersfigure van die Tweede Taalbeweging op die gebied van die Afrikaanse digkuns gereken. Benewens gedigte, het Leipoldt ook romans, toneelstukke, kinderverhale, kookboeke en ‘n reisjoernaal geskryf.

(Bron: Senior Verseboek - DJ Opper-man, met die vriendelike samewerking van Gansbaai Biblioteek)

Hardus Botha

Oktobermaand -  C Louis Leipoldt

Viooltjies in die voorhuis –
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!


Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
Die asvaal ou Karoo.

Ek is nog in Oktober!
My tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die môre,
so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
die mooiste, mooiste maand!

Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later
weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!

 Mooiste maand Oktober

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles