Mooiste maand Oktober

 Mooiste maand Oktober

Gansbaai Courant

C Louis Leipoldt, groot Afrikaanse digter van weleer

Vandag is 31 Oktober 2013 - die laaste dag van C Louis Leipoldt se mooiste, mooiste maand en vanjaar was dit terselfdertyd ‘n pienk-getooide maand vir Borskanker, ook in Gansbaai.

Gansbaai Courant het dit goed gedink om op die laaste dag van Oktober enkele verse van Leipoldt se bekende “Oktobermaand”-gedig te plaas.

Dr Christian Frederik Louis Leipoldt is op 28 Desember 1880 in Worcester gebore. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog werk hy as verslaggewer vir verskeie koerante, insluitend oorsese koerante en gedurende 1902 - 1907 bestudeer hy medisyne in London, Engeland. Op 12 April 1947 is hy in die ouderdom van 67 jaar oorlede.

“Leipoldt is ons veelsydigste kunstenaar en een van ons grootste digters. Deur sy natuurverse ontdek die destydse Afrikaanse volk as’t ware vir die eerste keer die Suid-Afrikaanse natuurskoon: die struike, blomme, die goggatjies…hierdie natuurverse is vol uiterlike vreugde, maar met verhole droefheid.” - DJ Opperman.

Saam met Jan FE Celliers en JD du Toit (Totius), word Leipoldt as een van die leiersfigure van die Tweede Taalbeweging op die gebied van die Afrikaanse digkuns gereken. Benewens gedigte, het Leipoldt ook romans, toneelstukke, kinderverhale, kookboeke en ‘n reisjoernaal geskryf.

(Bron: Senior Verseboek - DJ Opper-man, met die vriendelike samewerking van Gansbaai Biblioteek)

Hardus Botha

Oktobermaand -  C Louis Leipoldt

Viooltjies in die voorhuis –
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!


Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
Die asvaal ou Karoo.

Ek is nog in Oktober!
My tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die môre,
so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
die mooiste, mooiste maand!

Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later
weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!

 Mooiste maand Oktober

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles