Tuisversorging se Hobo aand

Tuisversorging se Hobo aand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die gekroonde “Hobo”-koningin (3de van links), saam met haar mede-deelnemers

Gansbaai se Tuisversorgingspan onder leiding van Ena Geldenhuys het op 4 Oktober 2013 gesorg vir ‘n gesellige en suksesvolle “Hobo”-aand in Blompark se Gemeenskapsaal. Koerantpapier is as tafeldoeke gebruik en vis-en-skyfies is as ete voorgesit, met smaaklike gemmerbier wat in skoongemaakte visblikkies bedien is. “Daar was hope pret met opgewekte dansmusiek in die agtergrond,” vertel Ena.

Sy sê die span het ook ‘n humoristiese, maar leersame opvoering oor die tekens en simptone van tuberkulose aangebied, wat die gaste laat skaterlag het.

Op ‘n meer ernstige noot het Ena die gaste daarna oor die gevare wat tuberkulose vir almal inhou, toegespreek. Die gaste het spontaan besluit om self ook ‘n opvoering aan te bied, met enkele pryse wat gewen is.

Die besgeklede Visserman het ‘n prys van Fish Lady ontvang, met die “Hobo”-koningin wat ‘n kroon ontvang het en nog 4 ander pryse is aan wenners oorhandig. “Dit was ‘n moeilike taak vir die beoordelaars gewees om wenners te kies, aangesien almal se “Hobo”-uitrustings baie oorspronklik was,” vertel Ena.

Vroeër die maand het lede van Gansbaai SAPD, wat aan die jaarlikse Kannaland Vasbyt staptog deelgeneem het (Gansbaai Courant Donderdag, 10 Oktober 2013), besluit om ‘n deel van hulle surplusfondse vanjaar aan Gansbaai Tuisversorging te skenk, waarvoor groot dankbaarheid bestaan. “Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae tot die aand se sukses gelewer het en veral dan aan die span versorgers, die beoordelaars, Fish Lady, Daleen Swart van Gansbaai Munisipaliteit en al die gaste wat die aand bygewoon het,” sê Ena.

Navrae rakende Gansbaai Tuisversorging en die groot werk wat deur hulle gedoen word, kan aan Ena Geldenhuys by 073-097-2277 gerig word.    

Hardus Botha

Tuisversorging se Hobo aand

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles