Uitstappie vir Gr 7s

Voor sit Keegan Fourie, Joshwill Dreyer, Kaye-Lee Luyt, Muricia Appel en Nicholaas Barkhuizen. Agter staan Rafick Bedi, Delon Dreyer, Sive Daylom, Nkosi Qikithi, Ikhona Tywenese, Noël Boshoff, Gabriel Stratford, Dirk de Waal, Marco Muller, Tumé Bester, Anrika Brand, Chelaine Dickson, Chavern Booysen, Jo’Cesta Koopman, Darren Paulse, Milleny Julies en Asiphe Gama.

 “Ons Gr 7-toer was verby awesome,” skryf een van Laerskool Okkie Smuts se Gr 7’s, Tumé Bester. Die groep was onlangs op ‘n uitstappie en loop oor van opgewondenheid. “Die zip-gliding was die beste en die slangpark was die ‘scariest’ van als, maar als was baie, baie lekker!” Tumé sê die waterwêreld was ‘n belewenis en die olifantpark was baie interessant. “Ons is ook gedoop. Ons moes onder ‘n yskoue waterval gaan staan wat ons laat skree het van die koue.”

Die kampleiers was baie vriendelik en Tumé sê spesiaal dankie aan Juf Haxton en mnr Faber wat saamgegaan het. Gabriel Stratford wrote the following: “The grade 7 tour was so cool and we did stuff I never thought I would ever do. I think we all enjoyed the zip lines and water world the most. The scariest part was probably the snake park where we saw rattlesnakes and lots of other dangerous snakes. We also got a ice cold shower under a waterfall which was freezing cold. This was a once in a life time experience!”

Hardus Botha