Mooi galjoene

Mooi galjoene

Gansbaai Courant

‘n Gesellige oomblik tydens die suksesvolle Stilbaai Kushengelkompetisie, met Oktober se wenner, Oubaas Lesch op die inlasfoto

Die Overberg Kushengelklub het goed onder die galjoene gevang tydens hulle maandkompetisie op 12 Oktober. Oubaas Lesch het met sy 2 galjoene en ‘n steenbras as oorwinnaar uit die hengelstryd getree. Tweede was Morné Olivier met ‘n galjoen en ‘n kabeljou, met Wynand Viljoen in die 3de plek met sy galjoen. “Baie dankie aan Doreen Fourie vir die heerlike hoenderpastei en Ans Claassen vir die slaaie,” sê Maynard (Snr) van Niekerk.

Sy bedankingslys van borge (alfabeties) vir die kompetisie wat op 16 November gaan plaasvind, is: Boat House restaurant, Christe Bella Health & Beauty, Gansbaai Sport & Tackle, Hennie Kriel Bouers, Hermanus Liquor Store en Walkerbay Liquor Store.

Met verwysing na die vorige berig (Gansbaai Courant, Donderdag 10 Oktober 2013), die volgende regstellings: Die gesinsnaweek was te Stilbaai en nie Stilfontein nie en die drie wenners se totale is as “punte” weergegee in plaas van kilogram. “Dan net weer ‘n groot dankie aan Jan de Kock van die plaas Kograh vir die braaivleis tydens die Stilbaaikompetisie,” sê Maynard. “Nuwe lede is altyd welkom om nie net in ons hengel-aktiwiteite te kom deel nie, maar ook ons gesellige samesyn.”

Die Overberg Kushengelklub se volgende klubkompetisie (oop-area) is op 16 November 2013. Lyne-in is om 04:00 en die skale sluit om 17:00 by die Klubhuis.
Vir navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Mooi galjoene

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles