Mooi galjoene

Mooi galjoene

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Gesellige oomblik tydens die suksesvolle Stilbaai Kushengelkompetisie, met Oktober se wenner, Oubaas Lesch op die inlasfoto

Die Overberg Kushengelklub het goed onder die galjoene gevang tydens hulle maandkompetisie op 12 Oktober. Oubaas Lesch het met sy 2 galjoene en ‘n steenbras as oorwinnaar uit die hengelstryd getree. Tweede was Morné Olivier met ‘n galjoen en ‘n kabeljou, met Wynand Viljoen in die 3de plek met sy galjoen. “Baie dankie aan Doreen Fourie vir die heerlike hoenderpastei en Ans Claassen vir die slaaie,” sê Maynard (Snr) van Niekerk.

Sy bedankingslys van borge (alfabeties) vir die kompetisie wat op 16 November gaan plaasvind, is: Boat House restaurant, Christe Bella Health & Beauty, Gansbaai Sport & Tackle, Hennie Kriel Bouers, Hermanus Liquor Store en Walkerbay Liquor Store.

Met verwysing na die vorige berig (Gansbaai Courant, Donderdag 10 Oktober 2013), die volgende regstellings: Die gesinsnaweek was te Stilbaai en nie Stilfontein nie en die drie wenners se totale is as “punte” weergegee in plaas van kilogram. “Dan net weer ‘n groot dankie aan Jan de Kock van die plaas Kograh vir die braaivleis tydens die Stilbaaikompetisie,” sê Maynard. “Nuwe lede is altyd welkom om nie net in ons hengel-aktiwiteite te kom deel nie, maar ook ons gesellige samesyn.”

Die Overberg Kushengelklub se volgende klubkompetisie (oop-area) is op 16 November 2013. Lyne-in is om 04:00 en die skale sluit om 17:00 by die Klubhuis.
Vir navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Mooi galjoene

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles