Skeie spat met Jukskei

Skeie spat met Jukskei

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die trotse Jukskei-wenspan, met voor vlnr Pieter en Toeks Moore. Agter staan Deon Joubert en Lambert Fick.

Die jaarlikse NGK Jukskeitoernooi op Saterdag, 26 Oktober was weer eens met groot opgewondenheid gevul. Agt spanne met 4 spelers in elke span het mekaar die stryd aangesê - ‘n predikantespan en 7 streeks-spanne (32 spelers). Die predikante kon ongelukkig nie vanjaar saamspeel nie, maar hulle span is uit vrywilligers saamgestel: Deon Joubert, Lambert Fick saam met Pieter en Toeks Moore, wat toe as die wenspan geëindig het.

Die res van die uitslae is soos volg: 2de - De Kelders 1; 3de - Franskraal 2; 4de - Kleinbaai 1; 5de - Franskraal 1; 6de - Kleinbaai 2; 7de - De Kelders 2; 8ste - Pearly Beach. Die suksesvolle toernooi is deur Dirk van der Westhuizen en Toeks Moore gereël en die spanne se sameroepers was ds Willie Kotze (predikante), Lukas Geldenhuys (De Kelders 1 en 2), Francia van Dyk (Kleinbaai 1 en 2), Toeks Moore (Franskraal 1 en 2) en John Swart (Pearly Beach).

Dit was ‘n “gemaklike” toernooi met reëls betreffende afstande wat gegooi is wat nie streng toegepas is nie en die wenners van die kompetisie is deur uitspeelwedstryde bepaal en nie deur die totale aantal punte nie.

“Baie dankie aan Gansbaai Munisipaliteit, al die deelnemers en al die helpers wat almal daartoe bygedra het dat die toernooi weer eens suksesvol afgeloop het,” sê Toeks. 

Hardus Botha

Skeie spat met Jukskei

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles