Dit was nie n haai nie

Dit was nie n haai nie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is weer eens nie veel verskil in vangste die laaste paar weke nie. ‘n Goeie teken is verbeterde kabeljouvangste, veral by Holbaai. Dan word ook geelstert gevang, en dit by Haaibank. As jy wil probeer is die beste besluit seker om vir die kabeljou te gaan want geelstert, soos verlede week uitgewys, is op die oomblik beskore omtrent net vir die manne wat ken van.

Wie het nie al ‘n ordentlike vis verloor net om daarna ‘n groot storie daarvan te maak nie? Gewoonlik, indien die vis nie waargeneem is nie is die grootste raaiskoot of dit ‘n haai of ‘n ander vis was. Die argument is dan ook dat dit bes moontlik ’n vis was want, ”‘n vis loop so of so en ‘n haai weer, sal so of so maak”. Maar ‘n hengelaar wat doodeerlik wil wees sal erken dat, hoe hy ook al redeneer, dit nooit 100% vir seker bepaal kan word nie. So wat sê ek eintlik? Nou gaan baie mense nie met my saamstem nie want my siening hieroor is die volgende: Ek wil síén wat ek aan die hoek het. Die vis (of haai) moet sy gesig vir my wys, en dáárna kan hy maar loskom of wegkom, of noem dit wat jy wil! Ek kla liewer oor hierdie of daardie vis wat weggekom het as om te raai watter gedierte dit kon wees. Dán kan ek mos stry oor die een wat ek verloor het en dit doen sonder dat die argument gaan oor wat dit eintlik was. Dis mos ‘n anderste soort verlies wat jy voel, jy weet dit was byvoorbeeld ‘n kabeljou en jy kan met vertroue praat van die groot gespook wat die bielie opgesit het net om so mak soos ‘n lammetjie te raak, en toe verloor jy hom nogal  --  net voor jy hom oor die kant wou lig! Was dit tog ‘n haai, en jy weet vir seker watter soort, sal die spoggery (hoe anders?) heel anders verloop. En hoe kan jy nou so spog, of kla, of redeneer indien jy hom nie gesíén het nie? Die prokureur het mos gesê, “I rest my case”.

Groete, Seemeeu

Dit was nie n haai nie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles