Krieketnuus

 Krieketnuus

Gansbaai Courant

Gansbaai KK het Sondag tuis teen Stanford KK gespeel en met 8 paaltjies gewen.

Stanford KK het eerste gekolf en 105/10 in 35.3 boulbeurte aangeteken. Hulle beste kolwer was R van Zyl wat 31 lopies (2x4) aangeteken het. Gansbaai se beste boulers was Corrie Avenant (8-2-14-2); Lewylen Davids (3.3-0-5-3); Junior vd Linde (1-0-1-2); Pieter Janse v Rensburg (5-1-17-1) en Brandon van Ryn (6-0-24-1).

Gansbaai KK het gaan kolf en maklik 107/2 in 17.3 boulbeute aangeteken. Corrie het 45 lopies nun (5x4)(2x6); Juan Havenga 15 lopies en Drian Kriel 26 lopies (4x4) aangeteken.

Gansbaai speel eerskomende Sondag tuis teen Waterboys van Grabouw (hoop die reën stop nie weer die wedstryd nie.) Voorspoed en sterkte. Sportiewe groete,

Heinrich Vermeulen

 Krieketnuus

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More