Spermwalvis se Onderkaak

Spermwalvis se Onderkaak

Gansbaai Courant

Danie de Lange sit hier op die onderkaak van ‘n spermwalvis wat hy by Gansbaai Getypoel uit die see gehaal het

Die onderkaak van ‘n volgroeide spermwalvis het onlangs tussen die rotse by Gansbaai Getypoel uitgespoel en is deur Danie de Lange uitgehaal. Die onderkaak is ±4,37m lank en blyk volledig te wees, afgesien van die tande wat nie meer in die “tandholtes” is nie. Danie was onseker van sy fonds, maar Wilfred Chivell het bevestig dat dit ‘n spermwalvis se kaak is en nie dié van ‘n suidelike noorkapper (southern right), wat tandloos is, nie. Met Wilfred wat oorsee is, het Gansbaai Courant by Piet Pretorius, bekende en afgetrede Taksidermikus van die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad, besoek afgelê. Piet het sonder enige aarseling bevestig dat dit die onderkaak van ‘n spermwalvis of potvis is. “Die spermwalvis is die grootste van alle “tandwalvisse” en die langslewende lid van die Physeter soort,” het Piet gesê.

Internetfoto van 'n spermwalvis met sy onderkaak wat oopgetrek is

“Die bo-kaak het geen tande nie, maar wel tandholtes waarin die tussen 18 en 26 tande in die onderkaak pas. Die walvis word ook gereken as die diepste duikende soogdier en sal selfs tot 3 kilometer vir prooi duik.” Die manlike spermwalvis (Physeter macrocephalus) se gemiddelde lengte is ± 16m, met sommiges wat tot 20.5m lank kan word en tot soveel as 57,000kg kan weeg. Die spermwalvis se hoofvoedselbron is groot pylinkvisse (tjokka’s). Hulle kan 60 jaar en ouer word en kom feitlik enige plek in die oop oseane voor. Die spermwalvis se brein is die grootste ter wêreld en is sowat vyf keer swaarder as die menslike brein.

Die naam “sperm”-walvis word toegeskryf aan die groot hoeveelheid “vloeibare was” (soos oorwas) in die vis se kop, wat voorheen foutiewelik as sperm (semen) aangesien is. “Ek was reeds met die departement in verbinding en is nou bewus daarvan dat ek ‘n permit daarvoor benodig, tensy dit as ‘n opvoedkundige item uitgestal word,” het Danie gesê. “Ek het besluit om die onderkaak via die Kaapstadse museum aan Gansbaai Toerisme te skenk om dit uit te stal.”               

Hardus Botha

Spermwalvis se Onderkaak

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles