Spermwalvis se Onderkaak

Spermwalvis se Onderkaak

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Danie de Lange sit hier op die onderkaak van ‘n spermwalvis wat hy by Gansbaai Getypoel uit die see gehaal het

Die onderkaak van ‘n volgroeide spermwalvis het onlangs tussen die rotse by Gansbaai Getypoel uitgespoel en is deur Danie de Lange uitgehaal. Die onderkaak is ±4,37m lank en blyk volledig te wees, afgesien van die tande wat nie meer in die “tandholtes” is nie. Danie was onseker van sy fonds, maar Wilfred Chivell het bevestig dat dit ‘n spermwalvis se kaak is en nie dié van ‘n suidelike noorkapper (southern right), wat tandloos is, nie. Met Wilfred wat oorsee is, het Gansbaai Courant by Piet Pretorius, bekende en afgetrede Taksidermikus van die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad, besoek afgelê. Piet het sonder enige aarseling bevestig dat dit die onderkaak van ‘n spermwalvis of potvis is. “Die spermwalvis is die grootste van alle “tandwalvisse” en die langslewende lid van die Physeter soort,” het Piet gesê.

Internetfoto van 'n spermwalvis met sy onderkaak wat oopgetrek is

“Die bo-kaak het geen tande nie, maar wel tandholtes waarin die tussen 18 en 26 tande in die onderkaak pas. Die walvis word ook gereken as die diepste duikende soogdier en sal selfs tot 3 kilometer vir prooi duik.” Die manlike spermwalvis (Physeter macrocephalus) se gemiddelde lengte is ± 16m, met sommiges wat tot 20.5m lank kan word en tot soveel as 57,000kg kan weeg. Die spermwalvis se hoofvoedselbron is groot pylinkvisse (tjokka’s). Hulle kan 60 jaar en ouer word en kom feitlik enige plek in die oop oseane voor. Die spermwalvis se brein is die grootste ter wêreld en is sowat vyf keer swaarder as die menslike brein.

Die naam “sperm”-walvis word toegeskryf aan die groot hoeveelheid “vloeibare was” (soos oorwas) in die vis se kop, wat voorheen foutiewelik as sperm (semen) aangesien is. “Ek was reeds met die departement in verbinding en is nou bewus daarvan dat ek ‘n permit daarvoor benodig, tensy dit as ‘n opvoedkundige item uitgestal word,” het Danie gesê. “Ek het besluit om die onderkaak via die Kaapstadse museum aan Gansbaai Toerisme te skenk om dit uit te stal.”               

Hardus Botha

Spermwalvis se Onderkaak

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles