Johan skaal af

Johan skaal af

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die sakeman en gemeenskapsleier, Johan Swart en sy vrou, Delene (regs), het na 43½ jaar sy sakebelang in die 3 vulstasies; Gansbaai Motors, Birkenhead- en Central Garage verkoop.

Johan se pa , Willie, het in 1939 Gansbaai Motors oorgeneem en die ou Jobway Garage, vandag se Birkenhead Garage, in 1970 bekom. Die Central Garage is 30 jaar gelede deur sy seun, Johan, by hul vulstasie-groep gevoeg.

Johan, wat ‘n boorling van Gansbaai is, was ‘n leerling van Gansbaai Middelbare skool (tans Laerskool Gansbaai) en het in 1963 by Paarl Gimnasium gematrikuleer. Delene is ‘n Wellingtoner en het haar skoolloopbaan by Hoërskool Hugenote voltooi. Die egpaar het 2 dogters, Anèlle en Anja. Anèlle en haar elektrotegniese ingenieursman, Pieter Coetzee, en hul 2 kinders, Karo (7) en Liam (4) woon in Parys, Frankryk. Anja en Willie Olivier bly in die Kaap waar Willie ‘n brandweerhoof is. Hulle het 2 kinders, William John (4) en Hannah (2). Johan se broer, Wilhelm, is 'n rekenmeester in Bredasdorp en sy suster, Annemarie du Plessis van Eversdal het ook aandele in die vulstasies gehad.

Johan se pa , Willie, het diep spore in die gemeenskap getrap. Hy het ‘n  algemene handelaarswinkel bedryf en die sentrale, poskantoor en polisiestasie was ook in sy gebou in  Kerkstraat gehuisves. Willie was ook die stigterslid van Gansbaai Koöp Vissery Bpk, sowel as Gansbaai Marine waar hy tot sy aftrede voorsitter van die Direksie   was. Hy was ook vir bykans 33 jaar Gansbaai se burgemeester.

Johan het in sy pa se voetspore gevolg en vanaf 1980/2002 op die Munisipale Raad gedien waarvan 2 jaar as burgemeester. Tydens sy burgemeesterskap is die Kraaiboschdam gebou.

Hy is ook die  afgelope 40 jaar op die direksie van die Koöperasie en Marine waarvan die laaste 15 jaar as voorsitter.

Hy is ook die eienaar van die pelagiese trawler, Kolgans. As gemeenskapsmens was hy ook op die beheerrade van Hoërskool Overberg, Hermanus en Laerskool Gansbaai. Verder het hy ook vir  baie jare as ouderling in die NGK gedien en op sosiale vlak is hy ‘n gholfer.  As leier het Delene ook haar gewig  by die gemeenskap ingegooi by die VLV, Vrouediens, sekretaresse en as fondskoördineerder van KANSA. Na 20 jaar as koördineerder het sy egter besluit om KANSA te los en die geld eerder hier plaaslik te gebruik. Só het die Gansbaai Pasiënte Bystandfonds tot stand gekom om hulp aan pasiënte te verleen. Die realisering van haar droom was  Gansbaai Nasorgsentrum by  Herberg-aan See. Delene en Deon du Toit was ook die stigters van die jaarlikse Fynbosuitstalling. Delene is ook ‘n ywerige kwilter.

Johan en Delene gaan steeds hier woon en volgens Johan sien hy baie uit daarna om “rustig te raak en in vrede te leef”. Hulle is albei baie lief vir die natuurlewe en sien uit daarna om binnelands en buitelands te toer. Hy sal egter steeds op  Gansbaai Marine se direksie dien en Kolgans bly sy vlagskip. “Gansbaai was goed vir ons, ons gaan hom nie los nie.”

Francois de Jongh

Johan skaal af

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles