Gewillige Hulpwerkers

Gewillige Hulpwerkers

Gansbaai Courant

Hulle is nie Kerkraadslede nie en hulle dien nie op komitees nie, maar hulle vrywillige dienslewering in die uitbreiding van die Koninkryk is kosbaar, al werk hulle in die agtergrond sonder om gesien te word. Ter sprake is Hulpwerkers wat vrywilliglik instaan waar vakante poste in wyke bestaan. “As ‘n mens gaan kyk na die geskiedenis van Israel, merk jy dat die perspektief van diensbaarheid soos ‘n goue draad deur die verhaal loop en daar is baie Bybelse voorbeelde daarvan,” het ds Dirk van Dyk tydens ‘n geselligheid, wat spesiaal vir die NG-gemeente se Hulpwerkers gereël is, gesê. “Die belangrikheid van diensbaarheid word bevestig deur die sentrale rol van die wet in die lewe van Israel, veral ook met verwysing na Ps 119.”

Ds Van Dyk het ook daarna verwys dat die “diensknegtaak” wat in die Ou Testament op Israel geval het, in die Nuwe Testament in die eerste plek op die skouers van Christus val. “Christus se verlossingswerk word by meer as een geleentheid in die Nuwe Testament gesien teen die agtergrond van sy taak as dienskneg.” Indien mense dus na die identiteit van Christus sou vra, sou dit reg wees om te antwoord dat Hy by uitnemendheid ‘n dienskneg was wat vir ander bestaan en geleef het. Van Christus af loop die dienskneggestalte in die Nuwe Testament deur na die dissipels en die kerk. “Om dissipel te wees, is om te deel in die dienswerk van Christus in die wêreld en om deel te wees van die kerk, is om deel te wees van ‘n diensgemeenskap,” het ds Van Dyk die gesprek oor Hulpwerkers se diensbaarheid afgesluit. Die Hulpwerkers is daarna op gesellige wyse met tee en verversings onthaal as blyk van waardering vanuit die geledere van die Kerkraad en gemeente vir hulle onbaatsugtige opofferinge om diensbaar in die Koninkryk van God te staan.

Hardus Botha

Gewillige Hulpwerkers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles