Gewillige Hulpwerkers

Gewillige Hulpwerkers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hulle is nie Kerkraadslede nie en hulle dien nie op komitees nie, maar hulle vrywillige dienslewering in die uitbreiding van die Koninkryk is kosbaar, al werk hulle in die agtergrond sonder om gesien te word. Ter sprake is Hulpwerkers wat vrywilliglik instaan waar vakante poste in wyke bestaan. “As ‘n mens gaan kyk na die geskiedenis van Israel, merk jy dat die perspektief van diensbaarheid soos ‘n goue draad deur die verhaal loop en daar is baie Bybelse voorbeelde daarvan,” het ds Dirk van Dyk tydens ‘n geselligheid, wat spesiaal vir die NG-gemeente se Hulpwerkers gereël is, gesê. “Die belangrikheid van diensbaarheid word bevestig deur die sentrale rol van die wet in die lewe van Israel, veral ook met verwysing na Ps 119.”

Ds Van Dyk het ook daarna verwys dat die “diensknegtaak” wat in die Ou Testament op Israel geval het, in die Nuwe Testament in die eerste plek op die skouers van Christus val. “Christus se verlossingswerk word by meer as een geleentheid in die Nuwe Testament gesien teen die agtergrond van sy taak as dienskneg.” Indien mense dus na die identiteit van Christus sou vra, sou dit reg wees om te antwoord dat Hy by uitnemendheid ‘n dienskneg was wat vir ander bestaan en geleef het. Van Christus af loop die dienskneggestalte in die Nuwe Testament deur na die dissipels en die kerk. “Om dissipel te wees, is om te deel in die dienswerk van Christus in die wêreld en om deel te wees van die kerk, is om deel te wees van ‘n diensgemeenskap,” het ds Van Dyk die gesprek oor Hulpwerkers se diensbaarheid afgesluit. Die Hulpwerkers is daarna op gesellige wyse met tee en verversings onthaal as blyk van waardering vanuit die geledere van die Kerkraad en gemeente vir hulle onbaatsugtige opofferinge om diensbaar in die Koninkryk van God te staan.

Hardus Botha

Gewillige Hulpwerkers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles