Franskralers vereer

Franskralers vereer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Agter vlnr is Paul Knoetze (Franskraal), Thys de Vries (Franskraal), eerw Elize Theunissen van Kaapstad, Marie Hector, Marc Brindau (Franskraal) en dr Isak Balie, met Easten Oosthuizen voor tydens die oorhandiging van Herneuter-messe aan die Franskralers

Die merkwaardige Herneuter-mes in ‘n spesiale houtkissie wat aan Paul Knoetze, Thys de Vries en Marc Brindeau van Franskraal oorhandig is

Drie Franskralers is tydens die openingseremonie van die Genadendal Museum se Erfenisdag-uitstalling met ‘n spesiale geskenk vereer vir hulle bydrae tot die herstel van die museum se geskiedkundige gewel-horlosie. Paul Knoetze, Thys de Vries en Marc Brindau het elk ‘n handgemaakte Herneuter-mes in ‘n spesiale houtkissie ontvang.

“Hierdie drie persone het onbaatsugtige opofferinge aan die dag gelê om die Sendingmuseum van Gena-dendal se gewel-horlosie te herstel,” het dr Isak Balie, kurator van die museum, gesê.

Sy dogter, Judith Balie, het haar dankbaarheid teenoor Paul uitgespreek vir die finale herstel van die gewel-horlosie.

Genadendal se gewel-horlosie wat pragtig deur Paul Knoetze van Franskraal herstel is

Thys en Marc was voorheen ook by die kerkhorlosie van die Elim Morawiese Kerk, wat ná ‘n lang geskiedenis gedurende 1910 na Suid-Afrika verskeep is, betrokke. Ook met daardie kerkhorlosie het Paul se deeglike ervaring gesorg dat Vader Tyd weer op 12 Mei 2012 aan die loop kom. Vroeër vanjaar het Thys en Marc die moontlike herstel van Genadendal Museum se gewel-horlosie met dr Balie bespreek. Weer eens is die bekwame Paul se hulp ingeroep, wat sonder huiwering aangebied het om die herstelwerk gratis te verrig. Paul het so ver gegaan as om van die onvervangbare parte self te vervaardig. Twee maande later was ook Genadendal se horlosie weer in ‘n werkende toestand. As blyk van waardering het die museum se Raad van Trustees, asook die gemeenskap, besluit om hul dank en waardering op tasbare wyse aan die driemanskap vir hul voortgesette opofferinge oor te dra, veral teenoor Paul vir die gratis herstelwerk en vervaardiging van parte.

Vir navrae kan dr Isak Balie by 028-251-8582 geskakel word, of ‘n e-pos kan aan genadendalmuseum@gmail.com gestuur word.

Hardus Botha

Franskralers vereer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles