Kwadrupleeg bouer

Kwadrupleeg bouer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kwadrupleeg Andrè Mostert in sy rolstoel voor Gansbaai Kliniek, met sy voertuig agter hom

 “’n Persoon van wie al vier ledemate verlam is,” lui die beskrywing van ‘n kwadrupleeg in die HAT-woordeboek. Dit is ook waar van Andrè Mostert (50) van Franskraal, maar van sit en niks doen in ‘n rolstoel, kan beslis nie van hom gesê word nie. Andrè is oorspronklik van Kraaifontein en het homself as ‘n loodgieter bekwaam. Gedurende 1991 het hierdie eens gesonde en fikse rugbyspeler, ‘n ernstige rugbybesering opgedoen en is sedertdien ‘n kwadrupleeg wat in ‘n rolstoel vasgekluister is.

“Ek het sowat 12 jaar gelede na Gansbaai verhuis waar ek steeds goed aan die gang is,” vertel hy. Hy bestuur sy bouery en bouspan met kundigheid en sy regterhand wat hom by-staan is Johnny Rooi, wat ook sy voertuig-bestuurder is.

“Ek doen enige bouwerk en het nou weer ‘n projek gekry vir die bou van ‘n dubbel-motorhuis,” sê Andrè. Van gaan lê en wonder wat die dag van môre gaan oplewer, is daar op hierdie stadium geen sprake by Andrè nie. Slegs enkele voorbeelde van vele suksesvolle kwadrupleë is Pieter (Super Piet) du Preez van Sunninghill wat in Australië die eerste man ter wêreld geword het wat ‘n Ysterman-kompe-tisie kon voltooi, Philippe Croizon wat tussen die wêreld se vyf kontinente geswem het en ‘n vooruitstrewende boer, Ampie Bredenkamp van die plaas Lieberwalt, Vanderkloof, wat spog met sy “4x4” (elektriese rolstoel met breë wiele) vanwaar hy sy plaas bestuur.

Huiseienaars wat bouwerk oorweeg, kan gerus Andrè Mostert se bedrewenheid op die proef stel. Hy kan by 079-912-8167 gekontak word.

Hardus Botha 

Kwadrupleeg bouer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles