Geestelike Vrouediensafsluiting

Geestelike Vrouediensafsluiting

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Deel van die nuwe komiteelede van die NG Vrouediens, asook die uittredende lede, met agter vlnr Dalena Wessels, Anita Huysamen, Amanda le Roux, Fransil Kotse, Danie Swart, Marina van Dyk, Alta van Niekerk en Susan van Heerden. Middel is Elcine Hulme, Margareth Wessels, René le Roux en Elize Eygelaar met Stienie Geldenhuys voor.

Die Vrouediens van die NGK-gemeente se onlangse diep geestelike jaarafsluitingsfunksie het diep indrukke op die sowat 100 dames wat dit bygewoon het gelaat. “Die vier hoogtepunte in ons kerkjaar, naamlik Vleeswording, Lydingstyd, Opstanding en Pinkster was pragtig en in toepaslike kleurskemas in die vier hoeke van die saal uitgebeeld,” vertel Elcine Hulme, voorsitter van die Vrouediens. Dr Lisel Joubert het kortliks die betekenis van elke periode wat uitgebeeld is, op insiggewende wyse met die dames bespreek. Daarna het Fransil Kotze (Vleeswording), Susan van Heerden (Lyding), Marina van Dyk (Opstanding) en Luna Auret (Pinkster) onderskeidelik hul ervarings met die dames gedeel. “Na elke spreker het die dames staande ‘n toepaslike lied saam met die stemme en musiek van Jan de Wet en Piet Smit gesing. Ons laaste toewydingslied was die Onse Vader wat ons as ‘n gebed gesing het, terwyl net die kerse in die saal gebrand het en ons het werklik die nabyheid van God ervaar.”

Die nuwe Vrouedienskomitee vir 2014 is ook bekendgestel, terwyl afskeid geneem is van die uittredende lede Marina van Dyk, Elize Eygelaar en René le Roux. Die nuwe dagbestuur is: Elcine Hulme (voorsitter), Fransil Kotse (ondervoorsitter) en Hettie Oosthuizen (sekretaris). Die Streeksleiers op die komitee (alfabeties) is Alta van Niekerk, Amanda le Roux, Amelia Groenewald, Anita Huysamen, Dalena Wessels, Danie Swart, Ina Gericke, Margareth Wessels, Maryke van Rensburg, Stienie Geldenhuys, Susan van Heerden en Sylvia le Roux. Elcine sê die funksie is met heerlike verversings en samesyn afgesluit, terwyl etlike dames nog lank by elke uitbeelding vertoef het en die diepe betekenis daarvan herleef het. “Graag wil ons almal bedank wat hierdie mooi aand met ons gedeel het, asook elkeen wat met die pragtige saalversiering en heerlike verversings gehelp het,” sê Elcine.

Hardus Botha


‘n Gesellige oomblik tydens die NGK Vrouediens se jaarafsluitingsfunksie

Geestelike Vrouediensafsluiting

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles