Sokkiejol vir HaS

Sokkiejol vir HaS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pryswenners tydens HaS se Sokkiejol, met voor vlnr Linda en Deon Kloppers, Johan Hanekom en Bertie Bertus. Middel is Rona van Schalkwyk,  Suster Linda Meyer, Erica Punt, Ina Wessels, Athol Rankin en Alice Bredenkamp (organiseerder). Agter is Bev Swart en Johan Wiese.

Dis nou nie Herberg-aan-See (HaS) se inwoners wat onlangs tot baie, baie laatnag ge-Sokkiejol het nie - indien dit wel die geval sou gewees het, kan HaS se subsidies dalk gekanselleer word! Nee, die gesellige Sokkiejol was ‘n goedbedoelde fondsinsamelingsprojek deur Gansbaai Goue Hande. Alice Bredenkamp en ‘n span helpers het gesorg vir ‘n baie suksesvolle en gesellige Saterdagaandfunksie in die Birkenhead Boothengelklub se gewilde saal.

“Ek is tevrede met die opkoms, maar ons vertrou dat dit elke jaar nog beter ondersteun sal word aangesien die fondse vir ‘n goeie doel gaan,” het Alice gesê. Gaste moes hul eie “piekniekmandjies” vir die aand bring, maar die bootklub se vriendelike kroegman was wel tot hulle diens, asook Raymond Rabe van die klub wat sy gewilde Musiekfabriek gratis vir hulle bedryf het. ‘n Aangename en gesellige atmosfeer het onder die Sokkiejollers geheers en almal is dit eens dat dit by ‘n jaarlikse instelling moet bly. Etlike pryse is deur gelukkige kaartjiehouers gewen. Iemand wat die “kollig gesteel” het, was Suster Linda Meyer van HaS. Alice het stil-stil bekendgemaak dat sy die volgende dag, 20 Oktober verjaar. Toe dié aankondiging gemaak word, was daar geen keer nie. Sy is toegesing en toegejuig en het boonop ‘n verjaardaggeskenkie ontvang.

Verlede jaar se Sokkiejol ten bate van HaS was eweneens ‘n groot sukses en, te oordeel aan die verskeidenheid van opmerkings, moet dit beslis as ‘n jaarlikse instelling voortgaan, met hopelik veel meer ondersteuning in die toekoms.                                  
                          
Hardus Botha

Sokkiejol vir HaS

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles