Sokkiejol vir HaS

Sokkiejol vir HaS

Gansbaai Courant

Pryswenners tydens HaS se Sokkiejol, met voor vlnr Linda en Deon Kloppers, Johan Hanekom en Bertie Bertus. Middel is Rona van Schalkwyk,  Suster Linda Meyer, Erica Punt, Ina Wessels, Athol Rankin en Alice Bredenkamp (organiseerder). Agter is Bev Swart en Johan Wiese.

Dis nou nie Herberg-aan-See (HaS) se inwoners wat onlangs tot baie, baie laatnag ge-Sokkiejol het nie - indien dit wel die geval sou gewees het, kan HaS se subsidies dalk gekanselleer word! Nee, die gesellige Sokkiejol was ‘n goedbedoelde fondsinsamelingsprojek deur Gansbaai Goue Hande. Alice Bredenkamp en ‘n span helpers het gesorg vir ‘n baie suksesvolle en gesellige Saterdagaandfunksie in die Birkenhead Boothengelklub se gewilde saal.

“Ek is tevrede met die opkoms, maar ons vertrou dat dit elke jaar nog beter ondersteun sal word aangesien die fondse vir ‘n goeie doel gaan,” het Alice gesê. Gaste moes hul eie “piekniekmandjies” vir die aand bring, maar die bootklub se vriendelike kroegman was wel tot hulle diens, asook Raymond Rabe van die klub wat sy gewilde Musiekfabriek gratis vir hulle bedryf het. ‘n Aangename en gesellige atmosfeer het onder die Sokkiejollers geheers en almal is dit eens dat dit by ‘n jaarlikse instelling moet bly. Etlike pryse is deur gelukkige kaartjiehouers gewen. Iemand wat die “kollig gesteel” het, was Suster Linda Meyer van HaS. Alice het stil-stil bekendgemaak dat sy die volgende dag, 20 Oktober verjaar. Toe dié aankondiging gemaak word, was daar geen keer nie. Sy is toegesing en toegejuig en het boonop ‘n verjaardaggeskenkie ontvang.

Verlede jaar se Sokkiejol ten bate van HaS was eweneens ‘n groot sukses en, te oordeel aan die verskeidenheid van opmerkings, moet dit beslis as ‘n jaarlikse instelling voortgaan, met hopelik veel meer ondersteuning in die toekoms.                                  
                          
Hardus Botha

Sokkiejol vir HaS

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles