40 Days

Marianna van Rensburg en kapt Ntsokolo Handi

In “ou” weermagtaal is dit 40 Days-vieringe vir twee van Gansbaai SAPD se personeellede nadat hulle bedank het en op 31 Desember vanjaar hul laaste werksdae by Gansbaai SAPD sal beleef. Kapt Ntsokol Handi het sowat 29 SAPD-diensjare agter die rug, waarvan sowat 3 jaar in Gansbaai was. Hy het besluit om besigheids-moontlikhede in die Oos-Kaap te gaan ondersoek. Marianna van Rensburg het sowat 26 jaar SAPD-administrasie as klerk agter die rug, waarvan sowat 14 jaar by Gansbaai SAPD is. Sy beplan om haar selfversorgingseenheid uit te brei en ook om meer tyd tuis te spandeer. Gansbaai SAPD wens dié twee lede sterkte toe vir hulle laaste veertig dae, asook met hulle toekomsplanne vir ná 31 Desember.

Hardus Botha