Academia vaar goed by Taalbonanza

Me Gono, Jack, Jacques, Emihle, Shirley, Mariska, Nasiphi en me Gouws

Saterdag 26 Oktober is die jaarlikse Taalbonanza vir leerders gehou. Leerders het deelgeneem in Afrikaans en isiXhosa. Jacques Prins en Jack Swart het albei derde plek in Afrikaans verower in die Overberg distrik en Emihle Mqhwayi het ‘n sertifikaat en woordeboek gewen in isiXhosa. Mariska Mauers, Nasiphi Nqamlana en Shirley Yotsi het sertifikate vir deelname ontvang. Die isiXhosa leerders is vergesel deur me Monica Gono en die Afrikaanse leerders deur me Carla Gouws.

Liezel Mostert