Probleme

Probleme

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hierdie aksie is so bietjie die verlede in maar word geplaas om die lus so bietjie aan te wakker.     

Iets wat baie gemoedere gaan opsweep is die feit dat daar reëls toegepas gaan word wat die boot se horisontale vlottasie (level floatation) betref. Êrens in hierdie uitgawe brei mnr. Koos de Kock hieroor uit. Blykbaar is dit lankal van toepassing, maar daar gaan nou streng na gekyk word. Die groot probleem is dat die motors ekstra vlottasie benodig en dit moet nou gedoen word. Dit sal van boot tot boot verskil maar rofweg beteken dit dat ‘n Yamaha buiteboordmasjien  van 40 pk. ongeveer 40 kg weeg. Twee van hulle behoort so 80 kg  saam te weeg. 1 Kg. gewig sal elk ‘n ekstra 1 liter vlottasie benodig. Gebruik jy 2-liter-bottels sal jy vir die 2 motors 40 van hierdie bottels moet gebruik. Hierdie kan bo-op die dek aangebring word, maar moet met panele bestendig word. Daar kan ook van spons gebruik gemaak word, maar dan sal dit so bietjie anders werk.

Lees asb. Koos se artikel hieroor. Hy kan ook gekontak word by 082 6901835. Hy het die naam van mnr. Gert du Plessis verskaf (tel. 028 3845024), wat volgens hom al baie met die vlottasie te doene gehad het en die kundige op hierdie gebied is. Enige van hierdie twee menere sal nadere en meer besonderhede oor hierdie aangeleentheid kan verskaf. Voordat jy besluit om hierdie taak self af te handel wil ek aanbeveel dat jy eers een van hierdie manne kontak. Die jaarlikse ondersoek (surveying) van die boot (6 meter en onder) is opgeskuif vanaf R350 na R365 en bote oor 6 meter vanaf R550 na R580. Ook nie goeie nuus nie, nè.

Die weer is ook maar deurmekruis maar daar is lig in die tonnel! Die somer móét mos binnekort gesig wys en met die regte winde sal die vooruitsigte ook verbeter. Die kabeljou wag, dis ongelukkig so dat die kleintjies op die oomblik baie lastig is.
Die see bly steeds ‘n pluspunt.

Oppas vir ‘n haai, wanneer hy aan die lyn is! Probeer veral om te verhoed dat enige liggaamsdeel in die lyn verstrengel raak. Ek is baie bewus hiervan en tog het my vinger in ‘n kinkel beland en gevolglik is die haai amper vort met die voorste lid. Na meer as ‘n week is die blou en eina vinger getuie hiervan. Versigtig!  

Groete, Seemeeu

Probleme

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles